JY WEN
JY WEN INK geplaas
Ek kyk op
na die kuiltjie in jou ken
en weet dié rondte het jy gewen,
jou stem diep, ryk…
laat sewentig jaar se pyne wyk.
Jy sit weer die huppel terug in my stap,
jou pittige sê-goed en vrolike lag
kom lepellê hier diep in my hart.
Marthie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek