vir
Gedigte
kabriool
in my gedagtes lê die see
in polichromatiese kleurskema
van koue grys-blou tot olyfgroen
met figure wat dans en baljaar
op ‘n prettige en vrolike dag
eenkant op my duin
sit ek op my amorfiese stoel
met swaartekrag gekerf uit sand
op krabbelende, gekurwende
maar tog ergonomies
gemaklike patroon
voor, lê my bene uitgestrek
soos kabriole pote van ‘n seedier
wat hul lomp, dog effektiewe
geometriese praktyk
wil naboots
in byna amnetiese bestaan
vergeet ek gemaklikheidshalwe
van my legendariese jeug
terwyl my oë fees vier
oor reënboog-see
salig in dagdrome verval
verloop my lewe pynlik reglynig
wyl my gedagtes smag na veiligheid
op ‘n kuberwelstand-strand
waar die see kalm purgeer
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.