Ek sal dit onthou
Langs die pad in die herfstige gloed van asemhaling wil ek nie opgee wil ek nie verloor Die bome vlam teen die berg die herfsoggend is opgevang soos koel glas teen die wang Neste roer in die wind die wit refleksies in die dam sleur ongesiens onder ‘n wilgerboom in
My storie-wêreld
moes kaalvoet op rotse trap tog kon ek huppel-stap vreugdes-liedjie op my lippe voel ek nie die vlymskerp klippe want in my bladsak was my stories gepak in my storie labirint kon ek myself verloor en vind in stories kon ek ver weg gaan was ek ‘n huppel-kind wat bonte versierings aan kaal takke hang […]
Roos van hoop
‘n Roosknop wat groei op ‘n ashoop sonder liefde sonder hoop se hart gaan moeilik oop maar in U lig kry ek dag vir dag krag om my los te skeur deur die rommel van my lewe voort te beur my weg te vind myself te wees sonder vrees om in genade te kan groei […]
Mamma
die man wat jou liefhet is ‘n beeld van ‘n man ‘n man wat ‘n bars kan kyk* maar in jou hand is hy klei wat jy wil vorm na jou smaak jy sny hom en my in jou patroontjie nog is jy nie tevrede nie is ons nooit goed genoeg breek jy ons telkens […]
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 12
Kroonstad stasie was, soos al die ander groot stasies, n stasie met n eie unieke atmosfeer. Met tot 22 passasierstreine per dag was dit met passasierstreintye, n besige plek met mense wat kom en gaan. Om in hierdie passasiers se behoeftes te voldoen was daar n stasiekafee waar die heerlikste koffie en ligte etes kon […]
BESOEK UIT DIE OOSTE
Laat een stikdonker nag, reis drie kykers van sterre uit die Ooste, na ’n ster wat bo ’n stal op hulle wag, na ’n krip van ’n Koning pasgebore. Met geskenke wou hulle hulde bring en oorhandig aan Hom, wierook, mirre en goud, wyl engelekore hul lofliedere sing, oor Hy wat gekom het vir ons […]
DEPRESSIE
lam in die lyf dof in die kop baie om die tyd mee te kan verdryf te veel gedagtes wat opkrop verlam en dof deur die ding wat my liggaam in besit neem van werklikheid verveem de depres depressie .
Vakansie-pa
Pa, jy is deel van die see se soekende suis van die vuur-punt wat deur die hemel breek deur donkerblou wolke steek op ‘n spieëlgladde see golwe wat teen ruwe rotse druis die diepsee se diepste blou die seemeeue se geskree Pa, dit alles laat my dink aan jou hier waar ek staan roep die […]
Superman-pa van my kleintyd
kleintyd Pa het jy vir my reg langs Superman gestaan jy my held sou ek volg tot by die maan ons was vinkel en koljander die een eet graag roomys so soos die ander vir my was jy die beste my super sterk pa wat stories lees en my op jou skouers dra saam het […]
Wag-speletjie
ek dink vandag aan Pa hier waar reënspoortjies teen dowwe vensters afloop loop ek terug op ons voetspore in gebroke sand verby hierdie grys dag in mistigheid gevou en ek verlang – verlang na my gouestroop dae wat so stadig verby kon draal terwyl ek vir Pa se voetstappe wag op ons stoep huis-huis gespeel […]