Kammalandse tannie*
Sy bak koekies vir haar blou koekblik, sy geur dit met amandel. Daar buite vlinder vlinders deur die vroeë môreson. O, die winterwind is stil vanjaar die wolke tint laventel – haar oë duif oor die vaalberg na ‘n ander plek en tyd. Sy onthou weer ‘n lankgelede, ‘n vrou wat jonk en mooi was […]
Blinde liefde
Jy oorval haar met grashalms Hy dra regte blomme aan Jy bou vir haar ʼn lugkasteel Hy gee vir haar ʼn huis Jy vee haar drome uit Hy kleur dit met waarheid in Hy tel die stukke op as jy haar hart flenters breek Jy floreer op lus Sy liefde is opreg Hy aanbid haar […]
Flankeer gedagtes
soos ‘n lanterfanter* drentel jy deur bos en dal daar by Tafelberg se kant neurie jy jou omgee sing jy van blomme en die blou-blou see spoorlangs verby die storm-en-drang wat steeds flenter en fladder deur die omwenteling van jou onthou dan sing jy maar weer van blomme en die blou-blou see flankeer jou oë […]
Balsemreën
God se balsemreën val op kale klip verskroeide aarde word geseën deur God se balsemreën wat oor die barre aarde ween verwese skape by ‘n leë krip wat dankbaar staar na God se balsemreën wat oor swartverbrande aarde drup
Tot ek jou weer sien..
Ek het my hart by jou gelos, sodat jy hom kan vashou en koester. Want soos ‘n dief in die nag, het jy hom kom steel, en al breek daar donker wolke voor my, sal ek dit nooit met enige iemand ander wil deel. Elke keer as ons soen, wanneer ons lippe mekaar passievol ontmoet, […]
In die glim van die môreson
Vroeg vroeg is ek wakker en wurg met die gedagte dat ek nog ń dag sonder jou moet wees Ek stoei met my hart wat net vir jou liefhet wat elke dag hoopvol wag vir die kans dat ons eendag bymekaar sal wees Oortuigende woorde het my vas laat glo dat jou liefde vir my […]
NAGWIND
Kom nagwind, sag en soel kom sing my aan die slaap vanaand bedaar die dag, laat die aarde afkoel die groot wakker hou hom weer verwaand kom sing my aan die slaap vanaand waai die vaak oor my oë, vryf die sterre blink die groot wakker hou hom weer verwaand doof die stemme uit, laat […]
Koledans
Die lank na nanag kole gloei dof in skakerings van geel, oranje, rooi, in ‘n ligblou – geel vlamme dans oor die lengte van die stomp, Soos die hardekool verbrand. En jy, jou baadjie om jou vastrek teen die koue, blikbeker vol warm koffie omvou met jou hande, luister hoe die jakkalse jou vertel… wat […]
Die Ontwaking
Soos ‘n sonneblom ontwaak jy… giggel geel in die oggend jou glimlag na die son gekeer… gesig omraam met donker hare, en ‘n sagte kyk wat sê… goeiemôre … ek is hier
Hou die mooi
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us or we find it not – Ralph Waldo Emerson” Só staan sy toe staar na die sterre skitterend oor die donker nag; een vir een pluk sy hulle sit dit in haar sak, want soms is die dag so […]