Drink op gister
As die stille donkerte van die nag, se arms jou omvou soos in n omhelsing, die helder sterre al is wat die donker veld verlig, ‘n Jakkals se veraf roep en… antwoord, al is wat jou geselskap hou, die stuifrook van ‘n stadig brandende hardekoolstomp jou oё laat traan… dan weet jy, Jy… alleen … […]
Jy is daar – My liefdesvers
‘n Kort vers vroeg vanoggend, net om te sê hoe mooi elke dag eintlik is, met net die stille wete, jy is daar (altyd daar). Nie hier by my nie, maar net daar …. Dalk ‘n glimlag deur my onbespeurd, ‘n stil gedagte (wie sal weet?), ‘n oproep vêr as jy sou wou… Maar meesal […]
Die Virtuele bestaan
Laasnag het ek en jy gaan wandel , op ‘n virtuele strand … onder ‘n helder sterre hemel, met sagte fosfor lyne op die brekende branders… en dit was die enigste natuurlike lig. Hand aan hand met jou kop teen my skouer, en nie veel gese, net gekyk… en gekyk na mekaar… en die see, […]
VLERKLOSE ENGEL
o, engel jy met gebroke vlerke wat in die stiltes standbeeld in eens gewese paradysgalery; meesterstuk van soorte is jy in die skadu’s van jou – selfgestruktureerde – lugversorgde donkergraf perfekte klanke van n u t t e l o o s h e i d weergalm deur jou ywerbid langs ‘n vergulde altaar daar […]
Vroegoggend gedagtes
Vroegoggend… Die lig wat skalks die Oosterkim verkleur, sit ek buite op die stoep, ‘n beker swart koffie met gedagtes alleen… en luister onwillekeurig n die dag wat ontwaak. Die reuk van dou op vars gesnyde gras, soos die van ryp waatlemoen, ‘n Hadida wat wreed sy slaap verloor, en dan die rus verstoor. Ek […]
winter
sy strek haar hand uit betower met naakte skoonheid passievol dans sy oor bergtop en vallei waar sprokie wit sneeu verlei met die yswind in haar hare strooi sy ‘n kombers van herfskleur blare om ongebore lewe veilig te bewaar lewe wat lente in die najaar baar sy sus die bome tot rus toor oranje […]
Verwronge lewens beelde
Wasig wit die warrelende winter mis, wat klewend nat vasklou, als omvou… Die aarde en my siel … sag bedek ‘n Surialistiese tafereel, homself afspeel… Dwarrelend tussen stam en klip , En dan … momenteel, die landskap bar ontbloot, om skielik weer … die lewe te verbloem Al wat oorbly in jou geestesoog, ‘n Vae […]
Ovamboland word wakker
Bleekblou Afrika winter-dae, koue nagte wat skerp sny… deur murg en been, my laat wakker lê…en bewe, tot net voor die son opkom. Vaal geel grasse, wat saggies roer in die oggend bries. Die flou strale van die vroeë oggendson, wat voel voel vingers uitsteek en roesrooi mopane blare, wat raserig ritsel sonder ophou… die […]
Net nog n dag
Die son brand vel neer en dors trek lewensvog uit jou siel… Eens bruin soldate klere, swart met sweet bevlek, maar droog, onder ‘n swaar gelaaaide pak Gister was die laaste water, ‘n stink half liter, besmet met ou beespis, gepers uit swart nat modder gegrawe uit ‘n ou vergete watergat… Maar nat Jou sigarette […]