Tydelikheid
meet tydelikheid teen ewigheid se wig die dood se afskeid ons kers brand gou uit Sy lig verdryf donkerheid haat en verwyt vir ewig
Vriendin
jy wat my leed versag jou hand wat oor myne gly jou oë wat oor my streel as jy my pyn voel as jy sonder woorde weet wat ek bedoel jy is my asem jy laat my lag jy is helende balsem as ek in my seer verdwaal weet ek jy is daar dat voor […]
Wat kan ek doen?
In ‘n droom kom jy in die nag na my, om net so vinnig weer te verdwyn; en bedags as ek jou sien verbystap, dan, ja dan, begewe my moed my. Wanneer jou prag stem my ore streel verdwaal ek in my eie gedagtegang; daar word my droom ‘n werklikheid en verander werklikheid in ‘n […]
Swart voëls
swart voëls broei in my gemoed wagtend smagtend in ‘n lugleegte met pers-blou gloed sal die jakkalse nooit weggaan die hiënas altyd by my bly die hiënas lag en die jakkalse tjank die laaste strale van die son verdwyn die fees is nog lank nie verby as die lug se grou my omvou WAG NOG […]
Argelose saad
gebreek verwater afgeskaal nie wie ek is of wil wees dis hoe ek voel in jou afwesige teenwoordigheid. dom en onbeholpe as jou skaduwee oor my val is ek net ‘n buitelyn ‘n potloodskets wat soos niks uit jou lewe gevee word. jou dorings steek in my hande bloeiende hande wat ek uitgestrek hou na […]
Boetedoening van die ongesondigdes
boetedoening van die ongesondigdes elke week een maal klokslag met ‘n gepleisterde hart moet ons opdok en betaal boetedoening deur ongedondigdes by die sondagmaal jy bring jou offer met jou lagmasker op ek bring myne met my januskop met die versteende glimlag daarop. ons gesels oor dit en dat terwyl my hart bloei ons offerrook […]
As alles maklik was
vergewe vergeet veraltyd hoekom die wroeg in jou hart rond dra? vry vrede vreugde hoekom ‘n tronk bou in jou kleine hart? vertroue verbly verheug Sy las is lig, Sy juk is sag hoekom als op jou skouer dra? vergewe vergeet veraltyd asof dit maklik was… ©Roeline
Die waterlelie in die modder
‘n moelike massa modder bemors besmeer besmet die moeë mismoedige waterslootjie wat sug-steun soos ‘n siekerige siel t-o-g straal die goedversorgde glorieryke waterlelie bo-oor die vieslike vuilgoed soos ‘n sagte satynagtige pienk lipstiffie Kopiereg: Roeline *’n pienk lipstiffie trek aandag (ook harmoniseer jou velkleur)
Jou eie wêreld
waar ink vloei waar woorde toor ‘n ander wêreld jou eie wêreld lag of ‘n traan dans of skiet verlief of kwaad saam die karakters welkom by jou eie wêreld ©Roeline
Jellievis
ek het geword soos iets wat vrot jellievis losgeskeur van die naelstring van die see lȇ my naaktheid bloot ek het geen verweer teen die seer steeds nader oor die rande kruip honger wurm-ingewande om my vlees te verteer ek het geen exo-skelet om te keer nuuskieriges wat wil aanhou weet skerp stokke na my […]