Wat kan ek doen?
In ‘n droom kom jy in die nag na my,
om net so vinnig weer te verdwyn;
en bedags as ek jou sien verbystap,
dan, ja dan, begewe my moed my.
Wanneer jou prag stem my ore streel
verdwaal ek in my eie gedagtegang;
daar word my droom ‘n werklikheid
en verander werklikheid in ‘n droom.
Van seerkry en swaarkry is genoeg,
maar die gedagte aan jou bly klou;
ek weet nie wat om te sê en te doen,
om te deel in jou gelag en blydskap.
Wat kan ek sê dat jy na my sal luister?
wat kan ek doen dat jy aandag sal gee?
sal dit help as ek op die brug gaan staan
en skree vir die wêreld dat ek jou lief het?
05/04/2017 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.