Jongste aktiwiteit:

Argelose saad

gebreek
verwater
afgeskaal
nie wie ek is
of wil wees
dis hoe ek voel
in jou afwesige teenwoordigheid.
dom en onbeholpe
as jou skaduwee oor my val
is ek net ‘n buitelyn
‘n potloodskets
wat soos niks
uit jou lewe gevee word.

jou dorings steek in my hande
bloeiende hande
wat ek uitgestrek hou na jou
vir bietjie salwing –
maar jy kyk verby my
na verre horisonne
daar waar ek nie is nie
terwyl ek met jou praat

jou mondhoeke verstrak
as ek aan jou raak
jou totsiens soen
ek is gruis in jou skoen
of ek by jou is of nie
vir jou is ek argelose saad
deur die wind verwaai

as jy weg is…
is ek half bly
verlig
die seerkry ure is verby
dat ek weer my nuwe wonde lek
soos ‘n weggooi hond
tog steek jou dorings
diep in my
skeur my oop
in huilende fonteine
ek, geweeg en te lig bevind
jy my pa
ek jou kind




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed