Boetedoening van die ongesondigdes
boetedoening van die ongesondigdes
elke week
een maal
klokslag
met ‘n gepleisterde hart
moet ons opdok en betaal
boetedoening deur ongedondigdes
by die sondagmaal
jy bring jou offer
met jou lagmasker op
ek bring myne
met my januskop
met die versteende glimlag daarop.
ons gesels oor dit en dat
terwyl my hart bloei
ons offerrook
waai weg in die wind
as my trane agter die masker vloei
wat het tog van ons geword
ons saamlag en geniet
ons drink nie meer saam ons rooiwyn nie
ons sit meer langs een vuur
want vir jou het tyd te duur geword
en vir my die tyd te kort
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.