lanterfanter
rustig slenter sy oor my duin vroeg oggend indrukke soos soet wyn vrolike lenterokkie en hoed teen wind frikkels en kreukels vergete so slenter ek deur lewe ongeerg en onversteurd rustig elke stormwind wat opsteek en wil waai ruis grasieus deur my yl haredos beter om op strand te wees hier, […]
Die een wat saamloop
In die stille misterie van die Kalahari-nag waar die duine soos reuse heuwels afgeëts lê teen die horison, sit ’n ou Boesman alleen by sy vuurtjie. Die geelrooi vlamtonge van sy vuurtjie knetter soos ’n stem uit ’n ander wêreld en die rook hang soos spierwit wolkies spookasem in die koel aandlug. Die ou Boesman […]
INK MODERATOR/ EVALUARINGS-KRITERIA
Beste INKers Ek het besluit om die evaluerings-kriteria wat ek inspan met julle te deel. Dit mag dalk net help wanneer jy jou volgende inskrywing aanpak. GEDIGTE: 1. Beeldspraak en taalgebruik: Hoe kragtig, oorspronklik en treffend is die beelde, metafore en woordkeuses? Goeie poësie skilder lewendige prente of roep sterk emosies op met presiese, kreatiewe […]
skyn
agter wolke skuil die son oranje-rooi verkleur sonstrale die uitspansel oor my duine duine wat aanstons ontplof in multikleurige blommeprag uit Hoër Hand se kwas altyd teenwoordig maar versteek agter oggend klanke van voertuie mense wat pot-en-pan ontbyt maak teenwoordig agter eerste-koffie klank so skyn golwe se geruis deur wolke van klanke […]
Tydskeep op my regterhand
Tydskeep op my regterhand swart klad die streep skryfsimbole die blanko blanje binneblad van my nota bene boek deur subtiel aan stilte die geïmpliseerde belewenis van klank en krap in kode en kadens se bedekte betekenis weer te gee as ‘n geleefdheid van vertolkte sintuiglike waarneming deur ervaring van pyn en perk se pragmatisme waar […]
Klugspel (Brons)
Kom sit neer jou bagasie wat jy so lank al dra. Los die raad wat jy nie volg nie al het jy dit gevra. Hark nader jou probleme en gooi dit op ‘n hoop. Jy het nou lank heeltemal genoeg met jou boggel-vrag geloop. Ons almal staan op ‘n verhoog met maskers aan […]
brein
waar is jou angel middelpunt van jou werwel-lewe koordineer, beheer en regeer funksies elektriese impulse deur senustelsel versprei neurobiologie van groot-en kleinharsings verdeel deur splete of lobbe maar twee present van jou liggaamsgewig verdeel in links en regter helftes gesetel op hersenbalk maar die angel(klier) wat hele ligaam versier/ontsier hersenaanhangsel wat sy produk […]
vir
elke ligstraal in my lewe elke dagbreek oomblik elke klank in my oor elke windjie oor my vel elke smakie op my tong elke wakker word oomblik elke reuk van die natuur elke glimlag wat ek sien elke simpatieke oog elke bemoediggende woord elke twaalfuur son op my hoof elke druppel reën op […]
middernag rendezvous (Goud)
onder die middernagmaan op óns versteekte stukkie strand sal ek…en die see…onthou van sterbesaaide nagte op die sagte sand voor ons…altyd ‘n feesmaal geskik vir ‘n koning en koningin en ons…gekoester deur die warm seelug en die ritmiese breek van branders teen sand ek sal onthou hoe ons later in omhelsing aan die […]