Vuurtjie van my hart
My denke vlamtong ’n vuurtjie rooibruin gebleikte doek essel die oë van my hartsverlange kleure palet saggolwend kwas my denke doek my vuurtjie tussen rooi duine my oë praat gebaretaal met vlamtonge hitte-vrede my hart ek sien die duine in die vlamme ek voel die kameeldoringhout kool die oë van my hart ek proe die […]
Wie is ek en wie is jy (Satire) [antwoord aan Mathews Phosa op sy gedig ‘Wie is ek’]
Ons is albei boorlinge van hierdie land al noem jy my ’n sogenaamde immigrant wie verniel en verwoes nou – vir dertig jaar lank nou kon jy nie die pas volhou om maar net voort te bou op jou “immigrante erfenis” wie spoeg nou met wette wat die nasie soos “kanker laat verval” Ons is […]
geheimenisse
is jy betroubaar rentmeester hoe het jy Sy geheimenis oorgedra getuig jou agtergeblewenis daarvan het jy sleutelrol in hul lewens gespeel getuig hul van jou onbaatsugtige liefde was jy ‘n dienaar van almal onder jou kon jy aan hulle behoeftes voorsien onselfsugtig gedeel van Hom af galeislaaf van jou Skepper het jy saamgeroei […]
getooi
verlore in jou glimlag sagte krulle van jou mond half hees stem wat prewel klanke wat soet val op ore wat dorstig luister daarna eeue lank naarstiglik gesoek in elke lied maar nie gevind jou soel skoonheid wil ek met elke asemteug verslind tussen gange van note heel, half of kwartnote suisend oor […]
“galbraak” oor resensie-roes
van straatdigter deur slypskool tot “praatpoësie-digters” praatpoësie-digters suig nie meer aan die agterspeen ten spyte van “bandjies vir boeties” die kontemporêre elite van akademici wat spoedig aan die uitsterf is word straatdigters toenemend opgeneem gepubliseer en erkenning gegee selfs deur die vooropgestelde afrikaanse uitgewers-elite wie lees nog gedrukte formaat boeke; slegs […]
Petrichor geliefde, gehate reuk van reën – (Silwer)
Die wolke toon belofte. Ek maak my oë toe en asem die reuk van hemel op aarde behaaglik in. Dit kom nestel in alle holtes, verslawend, die reuk van reën. Die geplof van die eerste druppels op die omgeploegde land polka in my hart. Dit voer my terug na my finale jaar op universiteit… “Bokka, […]
karookind sal ek bly – (Silwer)
tussen aand- en waterblommetjies koringlande en angorabokke lê my voetspore en eggo my lag gekoester deur die Outeniqua en Swartberg vertroetel in Hottomskloof geloof geanker in die klinkklare tablo Van noem-noem, klapperbos en kambro wat onwrikbaar swyend getuig van opregtheid en deursettingsvermoë vir ewig gewortel in die Klein Karoo © Retha van Deventer, 31 […]
ek mis myself – (Silwer)
wanneer die volmaan boggelrug oor die berge loer en ek geheime gesprekke met ver winkende sterre voer kom lê daar ‘n hunkering na ongekarteerde koőrdinate in my hart wanneer ragfyn grassade in die wind warrel smag ek na die ongebondenheid daarvan vry van voorskrifte vry van voorgee een met die natuur se weë waar rang […]
dubbelganger
op jou pad waar die son dof skyn anderkant die sonstrale lê die Lig duidelik verligte beskermde brug draf knegte met houers vol wyn deur die mis van jou aardse gesus voel jy dat jy swaar dra aan jou las omdat jy nog alles pak in jou eie tas voel jou dwase […]
soek-na
oor my duin sak die Somerson rustig – of – dalk so met elke goue oggend kekkel die kolganse luid verkondig hul eie gebied merk hul klankgrense van withuis-muur tot geplaveide straathoek trek hul roep en: ek soek soek na iets wat mooi is positief is nog waar en rein is elke vibrasie […]