hoe die skadu’s val (Goud)
ek wil laat-aand notas maak oor die tydloosheid wat kleef aan elke verbygaande generasie ek wil teruggaan in tyd en eenbeentjie speel tussen die vervaagde lyne van toe-en-nou-en-vergeet-en-onthou ek wil nooit ophou wonder oor die ritme van tyd nie dít behoort g’n gemeet te word met die tik van wysters nie maar met […]
‘n Ode aan ‘n vrou
ʼn Ode aan ʼn vrou Haar figuur was benerig skraal. Die baadjie, wat seker nog die vorige winter, perfek gepas het, het nou losserig om haar gevou. Dit het so baie goed verklap… Haar eetlus was minder, dalk haar lewenslus ook? Die hare was nie meer inkswart soos toeka nie. Dit was nou ʼn bleekwit […]
tanende tempo van tyd – (Silwer)
tanende tempo van tyd – (Silwer) wanneer die tempo van tyd afneem by die stilstaan van jou fotoraam herinneringe tydloos talm en ‘n glimlag luiweg sy plek kleim in die koördinate van vergange jare… verlustig ek my in ons wanneer die tempo van tyd afneem fluister ek steeds jou naam kwyn verlange en […]
uurglasdrome – (Silwer)
Uurglasdrome – (Silwer) ‘n blink toekoms wink met sonstraalglans die voordag bekoorlik nader chronos gedy voorspoedig minsame sekondes tik-tok aanloklik vervul wense propvol lag vreugde soet sout hartseer dolleeg hart dog oorvol smart wanneer trane stroom en dreig om te verswelg luier kairos doelloos leeg in die nanag van eensaamheid […]
Mens nie op dit gereken
Brons afdeling gedigte Mens nie op dit gereken Wonderlike uitdagende nuwe jaar wat voorle” as n’ vars verassing ons saam vriende , familie weer gespaar vir wat die jaar uitdagend bied Verby die vrolike feesgety mense optrede soms onseker net skadu van tyd wat oorbly mens nie op dit gereken My […]
tydgebonde asem (Goud)
tussen die suig’ling se eerste asemsnak en die sterwende se laaste tik die tyd-naald in die cul-de-sac van gee en neem en sy skadu skuif streng en strak …sonder halftyd… oor lewe en dood se uitspeel-stryd © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Skaduwees van Tyd (Goud)
Tyd sleep ’n kromgekloekte wa, ysterwiele skuur oor gister se gebeure. Dit is nie ’n haastige ryding nie, maar ’n lykswa van tyd – wat stukkies van ons stil-stil agtertoe neem. In sy wa lê die stemme wat nie meer praat nie, briewe sonder adresse, die geur van ma se rooibostee en ’n glimlag wat […]
Spore van onthou GOUD
Spore van onthou ek dwaal deur die onthouboek van my lewe soms spreek die nostalgie daarvan in sagte lyntjies teen my wang of skeur die sluise van seer ‘n rou snik uit my bors hier… klein voetjies, moerbei toontjies, sproetjies oor die neus sjokolade om die mond haasbek vreugde en ogies rond daar… uitbundig, vry […]