daar
teen my duin rus ek saggies stadige eensame beweging van lewe soos die huislose krappies skarrel ek van gedagte tot gedagte daar waar ek eens was in berge en dale onder bosreus se se groen kombers natvoet strome klanke van rus druppels kus hier is daar waar my siel sweef oor alles [&hel
Laaste ligstrale.
Laaste ligstrale. In die jaar 2147 het die aarde feitlik haar asem verloor. Die son was bleek, die oseane dor, en die bome het hul wortels gelig en geswig. Menslike oorlewing het gehang aan versplinterde ekostelsels en gebreekte satelliete. Die lug het soos as geword – liggies grys, smaakloos en sonder lewe. Wat eens geblom […]
katseblad
jy weet nie – weet jy wat ek wil sê is goud in die mond van straatdigter lê die woorde onontginbaar stil hou liewer jou gedagtes vas wag vir regte oomblik spoeg dit dan uit soos bitter alwyn groen drek wat oë rek verbasing uitspel geraas maak op jou vel geluide uit mens-se-hel […]
Moeder van stof en graniet (Goud)
Moeder van stof en graniet Ek is oud – selfs ouer as al jul tale, my lyf is gebrei deur vuur en ys. Ek voed jul met hande vol grys lig, maar verdra jul dorstigheid soos las. My lyf is oopgeskeur, gekerf en gebreek deur monstermasjiene, deur delf en bou. Jul bou wolkekrabbers op my […]
Mens masjien
Sou jy na daai eerste oerlaag nog jou groenvalleie teen bergkraanse ophef, vir die mens wat jou kom kruisig? jou pens soos ‘n verskeurde bokooi laat wemel vol larwes? O’ liewe Aarde mens masjien sal oor jou sing soos wat ‘n sondagskoor begin, ek sidder nog en huil. in elke skilderdoek van jou, lê ons […]
Selfmoord
Bome word gestroop in die naam van vooruitgang. ‘n Mall waar jy alles kan koop. Tevore het groen peule daar gehang. So kry ons woude die wind van voor, maar is ons besig om so baie te verloor. In die ICU veg ‘n man om sy behoud vir suurstof wat so onmisbaar is want geen […]
drek
jou mondvrugte vertel van jou hart dit wat jy uitstort oor medemens genade vir jou naaste afwesigheid van ‘n hart wat verstaan – verplaas met hart van klip nalatenskap van jou onge-ergde besluite lê gesaai op ons land verstrooi deur wind bank bestuurder, balju prokureurs wat skelmer as houtjie van die […]
Sy is al wat ons het [Silwer]
die sponsgebiede van haar wange lê oopgebars onder die vingers van die son die bloeisels van haar wenkbroue verlep omdat haar vleilande drooggelê is benoud klaaglied haar winde huil in die braille-trane van die reën lees haar boodskap in die gloed-gebare van die son se golwe op haar horison luister na die mymeringe in die […]