hekel
sistematiese bewegings oneindige geduld gekromde skraal vingers hekel daar ‘n doilie uit oor my duin spoel die herinneringe dit hekel aan my gedagtes dit verwoes soms in verwyt dan breek mooi herinneringe weer deur die spierwit waterbries soveel doilies al op my gewete deur hekelaars ontbloot lê die slagveld van onbeantwoorde drome my skippie […]
verifieer
na nog byna sewe ure se onproduktiewe wag kan ek die bewering maak dat helfte van amptenare sertifiseerbaar onbekwaam voortploeter in hul eie domein ek kon dit verifieer na aanleiding van tyd kliënte gediens per uur eie ervaring en aanhoor van byna dementiese swak poging tot humor van een toesighouer wat telkens gemoedere […]
’n Man van St Lucia se strand
#Limeriek ’n Man van St Lucia se strand het kitaar gespeel met sy hand.hy sing toe so skeef, dat geen seemeeu oorleef— toe het hy die kitaar maar verbrand. ©Nicola Brown
As Die Grond Kon Praat
As Die Grond Kon Praat my hande dra roumoedige merkevan diep arbeid swerwelwerke‘wyl stiltes as getuies eerbaar sterkstaan soos offerandes sonder perk my oes het stil gebloei in stofmet gebroke hande gaaf en grofgeen gouelepel geen sagte handnet eelte wat soos waarheid brand waar pyn en plig mekaar ontmoeten stilte dikwels trane voedmy pad gekerf […]
Die Bosvloer Boompie
Die Bosvloer Boompie daar het ‘n doringboompieuit gister se onthoutussen boom-blaar en die bosvloer‘n gru-moord daar aanskou en eendag kom daarlangesdeur die lyk bos bibberblou‘n kainsmerk wat druppendaan my ink-tak-dorings klou ook het die loop van jarejou bloedspoor daar bedekdie bosvrou van die woudse lewe daaruit gelek … as jare kom en gaansal my dorings […]
Europa se Stil Skaduwees
Europa se Stil Skaduwees Venesië se gondels gly in grys glas,brugklanke breek oor water se koue bas.In Parys se strate sing die nag sag,Eiffeltoring fluister fluweel in staal se mag. By Big Ben tik tyd traag en tref my teen,Piccadilly pulserend — geen spoor van geween.Bern se berge wag met wyse waak,sneeu smelt stil in […]
Waar Die Wind Stil Sterf
Waar die Wind Stil Sterf Wanneer stilte soos rook deur my liggaam daal,en swart lig uit die wêreld oneties vervaal,glip ek in fluisteringe deur donker se pyn,saam met die nagwolf in ewigheid se skyn. My laaste asem, broos en vol klein gevaar,vloei sonder ’n woord of ’n troosgebaar.Geen klank of refrein om agter te bly—net […]
aap
my aapkas is vol vandag aap se streke borrel oral uit selfs stofkringe om stofsuier vertel nou ‘n storie gisteraand se kaggelvuur eergister se braai wit kole in swart as wat praat en vertel so kom aap uit sy mou eers sku, dan voorbarig laf en uitbundig so elke detail verdraai in humoristiese […]
kinderdae (goud)
kinderdae wanneer tyd gemeet word aan hanekraai en die eerste strale van ’n goudgeel son wat langsaam oor die veld gekruip kom wat lui swaai aan die nekke van kalwers, deur kraalmure en bakkie-tralies glip en langbeen sit in die skadu’s van witgatte dis kaalvoetspore teen rooi duine, duwweltjies en koffie en boerbeskuit en die […]