Ek wil woorde vir jou skryf …
ek wil in woorde vir jou skryf die dinge wat my hart aandryf ek wil die woorde vir jou sê die dinge wat in my hart lê ek sukkel, krabbel, vee weer uit die gedagtes in my kop so luid die woorde wat my brein my bied wat kan ek doen … CTRL ALT DEL […]
Tóg, as ek lag.
Tóg, as ek lag Soms huil ek, omdat dit iewers (onaanraakbaar diep) seer is; soms kry ek seer en val ek hard oor die masker wat ek gemaak word om te dra. Tóg, as ek lag, is dit eerlik, en nooit deel van ´n draaiboek wat deur ´n hand geskryf is wat my hart nie […]
SEKELMAAN
Die grys albastermaan lê vanaand in sy sekelwiegie toegevou in ‘n sterrekombers in die heelal se kwekery Die sterre lek spatsels wit in die klein karoo soos kerswaks op ‘n tafelblad terwyl die sekelmaan in sy wiegiebedjie lê Tyd rol die sandkorrels oor die sandduine se ribbe-ruffels tot teen die ankers van die vygies vas […]
Die Blink Môrester
Die Blink Môrester Die drie wyse manne uit die ooste was dalk sterrekundiges en het ‘n blink ster gevolg wat hulle volgens die profesieë na die koningskind sou lei— Die blink ster is nie meer daar dit was ‘n eenmalige onverklaarde verskynsel maar, die koningskind is nog daar en Hy het gesê Ek is die […]
berge en dale
ek verlang vanaand vir jou rondheid en volheid en sagtheid ek wil my in die dronkheid en malheid van jou liefde begeef wat ons soos arende ver en hoog oor die berge en dale van ons naaktheid en onskuld laat sweef
KAALVOETSEUNTJIE
Sestig jaar gelede, in 1954, het n kaalvoet seuntjie, op Valsrivier stasie, een oggend aan sy ma se hand oor die treinspoor gehardloop na n ou klipgebou aan die oorkant van die spoor om sy skoolloopbaan te begin. Vreemde wêreld met klomp kinders om hom. Sommige het met perdekarretjies skool toe gekom, die groter seuns […]
Oudweesseer se koue…
‘n Donkerbringend’skaduwee vee tydsaam oor die gang en skemer daglig tot ‘n donkerte wat later pikswart, maanloos, sterloos oor valleie en in waterstrome hang. Saans word daar ‘n kers gebrand -nie vir fees of hart se klopverwagtings nie, maar bang om mens-alleen alleen te wees- om jonkweesskimme te verban; skimme wat eens mensgesigte was, nou […]
‘n spatseltjie liefhê
Die wildegans hees sy ontstelt’nis luid oor ‘n vis-arend-skadu-beeld wat oor die dam se spieëlblad gly; sy wyfie kras aamborstig uit dat kuikens onder loof moet bly. So, asof tyd nog nie geskape is, rasper ‘n bergskilpad sy dop op slof’reptiele-pote oor dorre klip’rig-slote, sand en klip wat oor sy óérheid gis. Ondagtig weer in […]
Gewonder oor hoekoms en waaroms?
Hoekom lief die blomme heuningbye, hoekom lê die vrou die man die swye, hoekom is in elk van ons seer pyne diepseer in jou hart en ook in myne? Waarom swier die jeug in jonkweestye, waarom klots die see op maangetye, waarom het God met ons medelye tooi Hy tot die blomme vir die bye? […]
Totdat die Orion en Sewester ons anker aan die maan
Die na-nagbries kaveer, ravat gordyne springend’ skadukolle teen die muur en die ontydiggeboorte van ‘n skyn-seisoen beginne Eros se bloeddruk wek; jou lente-lyf lê seile oop in rustigslaap se wind en jy sweem vir my die uitvaart oor die see… En op die plek, soos Dias, rig my boot se boeg behendig rotse deur, my […]