Jongste aktiwiteit:

Ek wil woorde vir jou skryf …

ek wil in woorde vir jou skryf
die dinge wat my hart aandryf
ek wil die woorde vir jou sê
die dinge wat in my hart lê

ek sukkel, krabbel, vee weer uit
die gedagtes in my kop so luid
die woorde wat my brein my bied
wat kan ek doen … CTRL ALT DEL

dink mooi, begin maar weer voor
redeneer en dink en skryf weer oor
praat met jou, ‘n enkel dialoog
my pen se ink het opgedroog

ek wil skryf hoe ek oor jou voel
seker maak jy weet wat ek bedoel
maar ek het nie ‘n idee waar om te begin
nie ‘n paragraaf, woord of sin

ek wil in woorde vir jou skryf
die dinge wat my hart aandryf
ek wil die woorde vir jou sê
die dinge wat in my hart lê

© borrels




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed