Bome fluister wolke luister
Luister na geheime in elke donker hoek my gedagtes vormloos met net die stilte wat fluister om weer op te staan Ken jy die leemtes en plekke van niks terwyl jou oӫ koud-blou gevoelloos neerkyk op my My siel afbreek glasstukke en… die stilte verdiep stom en woordeloos
Om te ‘Delete’
Om te ’Delete’ Vir die potlood is daar ‘n uitveër wat foute uitwis of regstel— Op die internet word ongewenste data eenvoudig ‘delete’ of uitgevee van die skerm af— Vir die huis is daar ‘n moderne stofsuier en outydse besem om al die vullis te vewyder, so waarom is daar dan niks wat die ongewenste […]
Spookasem Wolke
Eendag lank, lank gelede was daar ‘n miteskrywer wat stories vertel het vir almal wat sy ontmoet het. Stories vol eenhorings, skêre, spookasem wolke en ander lekker goed. Haar stories was propvol Afrikaanse woorde wat goed in haar luisteraars se verbeeldings wakker gemaak het – dinge wat die Engelse ekwivalente net nie kon regkry nie. […]
Spookkrappies
Waarom sku ons soms weg van die daghelderlig deur te vroetel met werk, gedagtes en plig? Omdat ons nie werklik wil kyk hoe verlange diep binne ons lyk? Want gaan ek lê, jaag die donker al my mooi drome weg met as droesem verlange aan vals gisters geheg net omdat ek so bittergraag wou dat […]
Onthou jy nog?
Onthou jy nog die trippe-trappe-trone, die tiekies en die krone dalk nog leggend in jou brein se hekel met refrein? Onthou dan ook die hofmaak, die ploeg met liefde in die braak; heilige ontwakenheid wat was en is, sal wees – ‘n ewigheid se lief vir jou!
Bloot menslik
ons is almal maar net mense ons maak foute ons kry seer stamp ons koppe kwes ons harte te onbeholpe, om te leer en ons krenk mekaar se egos ons kan onsself nie keer staan dan skansloos teen die terughou met bitter min, of klein verweer ons is almal maar net mense ons het letsels […]
Filander en Koket
Filander en Koket [Minnelied] Wanneer jy verslaap is alles deurmekaar Woorde hangend in die lug Afwagtend vir digvormliefkoosing ʼn spieëlbeeld van Afrikaans my taal So dwaal ek ongehinderd rond gaan ek voort Krap in die tuin en in die grond Maak wakker die slapende hond Nou kyk net die stoutpootjies in my tuin Hy is […]
Hunkerdroom
Waar slaap oor my kombers en drome my insluk, wandel ek in hunker met hoop. More wink my nader terwyl die son oogknip-knip en nog deurmekaar haar, met slaap in die oog na bo strompel en yl glimlag, want later sal haar strale skater. My hunkerdroom ontvou in beelde van jou, van nou en ek […]
Anders stil
Binne my is dit stil selfs my gedagtes se eggo’s ontbreek. Kalmte stap langs die stille poele en ek voel…dis anders stil. Die skadu’s speel vandag elders, verder weg van hier en nou dalk bo in die hemelblou Vrede kamp langs die harts vuur uit en ek voel…dis anders rou. ©Velma Barnard 04/08/2016
Nokkie Andreas se trek.
Nokkie Andreas se Trek. Nokkie Andreas is blind. Hy is ’n Xhosa. Hy is nie meer jonk nie maar hy onthou goed. “Nee dit was daai tyd toe die mense van Potjiestroom hier kom en sê hulle wil vir Riemvasmaak hê. Toe’t alle mense bymekaargekom en ons Andreasse van Bok-se-puts ook. Toe sê die mense […]