Godgeskenkte Pais en Vrede
Die laaste strale van die sinkend’son sterf sleurend in saffier se kleur en vermeng die wegkaatstinte tot aangeslane koperkleur. Naderby tand persswartberge na bowe nes ‘n haai se kaak en gooi lang uitgerekte skadu’s in die son se Wes wegraak. Digby die murmelende beek groei aronskelkies ingeryg met tussenin -volmaak verskuil- dwergvarings groen en teer […]
Bittere boete
Spookagtig waarsku- roep skeur deur swanger stilte van snikhete Bosveld nag Iewers in donkerdiep holte beskerm moederboom haar kosbaar’ donsige vrag Knaagdiere skarrel -haas na beskutte wegkruipplek want hul eien die stem van geveerde vyand waar naguil grootpupil mikroskoop skandeer Hul besef maar alte goed dat kom reën of wind honger vyand se kind gaan […]
Vroee Winter
my bed is opgebreek en wit linne lê stuk stuk versprei tussen gister en eergister; winter is vroeg vanjaar en betoon geen genade aan my bewende hart nie, aan my bevrore hande wat nog gebaretaal met jou wil praat nie jy het stom geword, woorde soek skuiling in jou oë, onthou is nou kiekies wat […]
Lappies
“Ek sê ek sê naand daar my Pêl! Hoe lyk’it nou in djou se vel?” “Ag neiwat, hiersô bakgat reg solank my Dolla langs my lêg!” (Maar koutes bly sy kaaltes knyp as wind die lappiessinke gryp. Dan wiet hy mos hy’s weggooigoed al loep hy brêk met veer in hoed; want sawends leg hy […]
Die Muse Het Gaan Kuier
Die Muse Het Gaan Kuier Die Muse het agter die son aan getrek en kuier iewers in die noordelike halfrond— die regte letters word gekies en gekeur maar die bevrore woorde wil nie vorm anneem nie en het betekenisloos verstar en laat die gedagtes ontvlug in los deurmekaar letters om latent te lê en wag […]
Rypskade
soms word ons woes deur lewenswind gebuig met kronkelkrom stingel draai ons gebukkend boggelrug op mekaar besigtig sorgvuldig die neon- lentekleur wat gesigte openbaar word nie so geflous want diep daarbinne vreet wurms dalk klaar gee geel geurig’ roos uit God se eie pragtuin sny skerp dorings stomp so sal jy dan ook vind dit […]
Dwarse, bitter see
Ek sou graag jou gedagtes wou kom haal en sag te vee tot diep in die dwarse, bitter see Jy’t die wind omgepraat op hierdie winters’aand en die maan se silwer maanhart skitter soos dit saggies saam die branders dans Waar dit voor en agter kantel oor die bloue vlaktes dit dof en loom gaan […]
Vrede wil genooi wees
Waar lê Vrede? Iewers in ʼn boek? In ʼn terugdink of ʼn lewensles? Vrede kom op sy tyd aangestap. Soms half sleepvoet en sku. Tot jy hom herken of liewer erken in ʼn …oggend reuk, of in ʼn kind se beste probeer, net vir sy Ma. Dalk in jou eie tuin se pienk roos wat […]
ZELDA HFSTK 13
Die paar dae tot hulle troudag is n besige tydperk om alles gereël te kry. Rosa en Zelda is heeldag bedags besig met reëlings en Manuel neem Maria en oupa bedags op besigtings toere die wêreld vol. Dit is saans wat daar tot laat gekuier word maar die Vrydagaand voor die troue vertrek almal vroeg […]