‘n Huis sonder mure
Die dag ná die stootskrapers lê die erf vol bourommel. Eenkant staan ‘n masjienmonster en maal die bakstene, wat eens die sitkamer gevorm het, fyn. Al die kuiers en teedrinkery. Al die begrafnisse en verjaarsdagpartytjies val in fyn rooi stof in die vorm ‘n miershoop. Van die stof beland in die wind wat dit opswiep […]
Ou Koeie
Koes-koes, eina! My kop is al foosseer van jou altose traandrup-gekef – ja, van al die ou koeie (maar min wat tref) ……. wat jy vandag weer teen hom aangooi – en nes ek dag die sloot is nou leeg dan kom jy eers met nog ñ halfdosyn kallers oorhoeks opdreef. Maar toemaar, hoor my […]
So Bittersoet
Warm op my Lippe Soek ek jou In my hande Toegevou Op my tong Jou bittersoet Wat my oppad na droomland groet Met koffiebruin oë Sluk jy my in En ‘n oomblik saam met jou Was ‘n oomblik te min Net soos laas nag Soek ek jou weer ‘n Koppie vol van jou En ‘n […]
Leer my die kuns
Om myself te gee nog ‘n bietjie meer salf aan eina’s- van gister te smeer Leer die wag voor my mond – om te oordink slegs dan te praat Leer my arms om uit te reik na flenterharte – binne my bereik Leer my om meer as net lief te hê aandagtig te luister – […]
Sonder Jou
Sonder Jou Jy is my alles, die son, maan en sterre as rigtingwysers in donker tye van die lewe, my geestelike lewensaar, die terra firma waarop ek vasstaan, die rus en vrede van ‘n kalm lewenssee waarop ons rustig saam voortvaar— Sonder jou oorspoel die getye my, is my skredes op wankelende terra firma, verdof […]
Hoe lank moet ek nog skyn?
Maan: Ek skyn dimpel-sag oor kleine kindertjies – laat hulle in hul drome lag. Ek skyn ñ volle nagwaak oor reënversugtingsboere se moeë kos-gee-taak. Ek skyn ñ nimbusboog oor moeders se liefdevolle borssoog. Maar ag liewe Heer, hoe lank moet ek nog skyn oor owerspelers se prostitute-bedde-deel? Hoe lank moet ek nog skyn oor rampokkers […]
Halfmens
“Ek kan nie meer voel nie,” kla ek. “Die wêreld lê in skerwe om my. My hart lê aan skerwe. My voel is op.” Hulle breek my borskas oop terwyl ek slaap en vervang my hart met een van metaal wat soos ‘n horlosie masjienagtig die tyd verby klop. Al hoor ek dit, voel ek […]
Teenstellings projek wenners
Gedigte afdeling: 1. Mariska Smit met – Doka 2. Mariska Smit met – Tweestryd EN Viooltjie met – Die vrug van jou skoot 3. Anzé Bezuidenhout met – Oorwinningsgloed EN Ammie moon met – Daardie nag Rubrieke afdeling: 1.Hennie Fritz met – ‘n Verhaal op elke gesig Baie geluk aan hierdie 5 skrywers
Bloeisels in my hart
Jy het ligvoet getrippel deur my hart se gange in sandput van smart het ons speels- saam die liefde loop tart Jy het onthou wat my gunsteling liedjie is vals saamgeneurie op ons lappieskombers wat op rivieroewer rus Jy het geluister na stem van oseaan waar sy weemoedig stom tog vreemd strelend haar heimwee lied […]
Kreef se straf
Waar hy meul teen die wind se koue hang kreun die klipbanke deur die kalm waters Sy witvleis breek uit sy dieprooi dop bloei die gety rooi oor die sand se bleek Wie sal hoor wie sal hoor wanneer die son se strale oor die stiltes bak