Jongste aktiwiteit:

ProjekteAugustus 2017 – As seisoene vir ons draai projek(Bladsy 2)

Hierdie maand se opdrag lyk soos volg:

Digters: Skryf ‘n gedig, nie langer as 12 lyne nie, met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ Die tema hoef glad nie jou titel te wees nie maar moet slegs gebruik word om jou gedig tematies te dryf.

Jy sal ook ekstra krediet kry vir die gebruik van unieke koppelwoorde en nuutskeppinge.

Maak seker dat jy die basiese reëls van poësie nakom nl. spelling, gebruik van leestekens, gebruik van hoofletters op die regte plekke ens. Daar hoef geen spesifieke rympatroon te wees nie maar dit is aanvaarbaar indien jy daarop besluit.

Skrywers: Skryf, in nie meer as 800 woorde nie, ‘n kortverhaal (gorrel, artikel) met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ óf ‘Die seisoene draai’. Maak seker dat jy die basiese reëls nakom.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Woordgroete
Projekbestuurder

Koue sif oor die veld verkleur alles van groen na bruin soos flenters van hoop en vrede wat hang aan bome se takke Vensters staar kaal en sielloos na buite en die wêreld glimlag met ‘n traan na die nuwe blos op die maan Ek wil die eindelose wydte van my liefde oor jou gooi […]

Vivian se keel brand van ongestorte trane. Sy klem die legendariese swaard in albei hande vas; sy kan skaars glo dat dinge so lelik skeef geloop het.     *Jy kan die res van die verhaal in “Eens…” lees in sagteband deur na die boekwinkel hier op INK te gaan of as ‘n luisterboek deur […]

Die Namib sy alleen ken die geheim die roete tussen berg en kloof Brandstofdampe, stofstorms verduister son se lig! warrel die winterwind ysig en koud Dwarrel gister se storms deur stof en sand en golwe spoel nie meer uit op die strand Volg die son se pad van oos na wes die hemel se blou […]

Stofwolke sluip oor die horison waar wattewolke in die hemel baljaar. Met ʼn belofte van reën soos ʼn man se hand, ʼn Elia belofte vir die basdroog land. Tussen Calvinia en Sutherland, oor die grondpad waar die warrels wink, lê die landskap wat heet my geboorteplek, plek waar ek vrede vind. Weg van die bordeë […]

  Hier, waar varings soms nog welig groei, die son so rooi bo die ooskrans bloei – staan sý met die donker oë en kyk hoe duiwe vér oor die dale wyk. Toe dink sy só; “was ek ‘n duif, het ek saam met die voëls oor die berg geskuif – na ‘n plek waar […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed