Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember 2019 projek – Laat-lente(Bladsy 4)

Beste INKers,
Wat ‘n aangename voorreg om weer by INK as Moderator betrokke te wees. Na ‘n Sabbatsreis van ‘n paar maande is die gees versterk en sien ek uit om weer by julle wonderlike kuns betrokke te raak.
Aangesien ons by die voorlaaste maand van die jaar is, is die projek tema hierdie maand “Laat-lente”.

Al die kategorieë moet dit as tema gebruik.
1. DIGTERS: Skryf ‘n 16 lyn, 4 strofe gedig.
Geen voorskrifte oor rympatrone.

2. VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n liefdesstorie met die bogenoemde tema.
800 – 1200 woorde.
Dui woord telling aan.

3. RUBRIEK/ARTIKELSKRYWERS:
Gebruik die tema.
Nie meer as 800 woorde nie.

4. GORRELS:
Gebruik die tema.
Minder as 800 woorde.

Dit gaan ‘n voorreg wees om weer aan julle uitsonderlike talent te deel.

Afrikaanse groet
INKMODERATOR

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE
REëLS

Uitslae sal van nou af 30 dae ná afsnydatums op Ink beskikbaar wees. Ons het hierdie besluit geneem omrede die Ink-moderators met beperkte tyd hierdie splinternuwe diens aan Ink-lede lewer.

“Brons” laat-lente droom in sagte aandskemering neurie die melodieë van nuwe seisoene op die horison wink louter vreugde van laat-lente sonskyngeel vir my agter my voetspoor die herinneringe van vervloë wintersdrome: nou verby die deuntjie draal eensaam stil my ‘onthou’ gesnoer in kroonjuwele blye ontwaking: diamant in druppels dou lente glimlag sag as sy sonskyn […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed