SKIET STILSTAND
410 woorde Dis nogal ‘n stryd as jy nie regtig weet waarteen jy baklei nie. Die monster groei in jouself en vernietig jou liggaam daarna jou wil om terug te veg en laastens steel dit die hoop wat jy gekoester het. Ek dink die skok kom en omdat ons altyd dink dit kan nie met […]
Verskeurde gedagtes (goud)
Hier op die platteland in die Swartland het ek gesien hoe oggende kan blom en die nag haar naak oor ‘n mens kan hang. Ek het gevoel hoe kole in my oë brand in die yl gehoor van niks onder skemer se kalklig tussen verskeurde koringlande waar niemand weet wat regtig saak maak nie. ©11/2023 […]
Tronk (goud)
TRONK Dit is dalk ‘n goeie idee, dink ek nou om my pen vry te maak sodat my woorde ook na jou gedagtes kan vlug om jou kaal te stroop van mensgemaakte grense wat jou vlerke vasdruk. © 11/2023 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
narcissis (Goud)
jy wou my ontwortel my verplant my glo wys wie is baas jy het selfs my fyn haarwortels eiehandig een-een gepluk en eenkant toe gesmyt ek het jou getroef met my eie ontworteling: ek het my siel finaal die swye opgelê en my diepste wese ewig-soekend na jou (bedenklike) liefde moet self sien kom […]
satyn (Goud)
ek voel soos satyn tussen jou geskulpte hande later, wanneer ek geluidloos geruisloos om jou vou drapeer jy my behendig en manjifiek sodat ons saam satyn-sag tot rus kom
Liewe Vreemdeling (Brons)
ek het langs jou gesit vandag en my oë het oor jou gevoel en my hart het versag want my verdwaalde lag het lêplek gekry hierdie November dag
Rooiborsduif in November (Brons)
Net ʼn gedagte, nog ʼn dag, nog ʼn verlang oorvloedig my lief, jy weet, maar lewe loop sy gang voetsleep maar gewis plooi elk’ voel, elk’ leef elke dag sonder jou, so alleen… elkeen met sy eie oorleef, sy eie pakkie vergeefs – betaal ons tog vir al’s gedoen, geleef en ek is nie een […]
En toe moes ek weer skryf (Goud)
Jou woorde het my betower en my winterhart kom warm vryf ek wou lag en sing en dans en meteens moes ek weer skryf oor sonskyn en koperduine en geheime van die see oor hoe die herfswind se asem lewe aan die hawerlande gee oor Namakwaland se blomtapyt wat ek wil uitrol voor jou deur […]
Frustrasie (Goud)
Vanuit my innerwese bars frustrasie ombeheersd soos vuurysters deur gletserys strykdeur my diepste denke (uit na buite) deur die krake van die fisiese – die leë dop wat rasend aankap en kappend skop teen bottoe deure waar my psige hygend roep op soek na durf ‘n doel ‘n dop; in opstand met my eie kop […]
Lien Meiring se Swart Vrydag.
Lien Meiring se Swart Vrydag. Ek vlieg uit die bed toe my alarm my wakker skree. In my kop merk al die merkies op my lysie af; opstaan, tande-borsel, aantrek, inkopielys, motorsleutels … So gryp ek na die gemaklikste klere en stapskoene vir die groot dag. My hare maak ek hoog op my kop vas […]