HAIKOE (2):- VIR JUNIE 2023 WINTER-PROJEK. (STRERGRADERING = BRONS)
duinegras verbleek traanrou in die wind se klou soutloop my wange ——-ooo000ooo——- (© Pieter Mostert)
HAIKOE (1):- VIR JUNIE 2023 WINTER-PROJEK. (STERGRADERING = BRONS)
grasangelier wuif winteroë traanryp mis sluier voor die son ——-ooo000ooo——- (© Pieter Mostert)
witryp (Goud) Junie Winter projek
dooie wintersgras en onder my stewelvoet gekneusde witryp *neulogisme: stewelvoet – gestewelde voet
winterwind (Goud) Junie Winter projek
die bibberseisoen se swiepende ysvleuels verys murg en been *neologismes: bibberseisoen – winter ysvleuels – winterwinde
haikoe (silwer)
ek wag vir winter as die maan silwerstraal skyn en jy by my is ©Hester Steenkamp *neologisme: silwerstraal – die strale van die maan op wolklose nagte
haikoe (silwer)
winter se trane loop blinklint teen die ruit af as die bome slaap ©Hester Steenkamp *neologisme: blinklint – die straaltjie water wat teen die venster afloop
Wat is ʼn wintervakansie sonder sneeu?
As ons aan wintervakansie dink, kom die prentjie op van kinders wat in sneeu baljaar, sneeumanne bou of skiërs wat teen steil hellings afjaag. ʼn Warm vuurherd-kuier mag jou ook herinner dat dit wintervakansie is. In ʼn land soos Suid-Afrika is sneeu egter ʼn skaars verskynsel en mense se soeke na sneeu word ʼn prioriteit. […]
NOODVLUG
NOODVLUG deur Fanus Strydom 1639 woorde Angelo klief blitssnel deur die Derde Poort oppad aarde toe. Hy erken skaars die twee Intergalaktiese Wagte aan weerskante van die polsende lig-portaal. Toe hy anderkant uitflits registreer sy deurgang momenteel as ʼn groen seinkode op die GPS-toestel op sy pols. Tesame met sy togsnelheid en verwagte aankomstyd. […]
WINTERWIND
WINTERWIND ysig bleek verlate verhard verslind alles kaal gestroop van lewe stil alleen klief snerpend wreed die winterwind ©Fanus Strydom Junie 2023
HIROSHIMA 1945
HIROSHIMA 1945 bitterkoud in ysig wit verras grysgrou kernwolk monde stomstil oopgerek bo verkoolde vreesbevange oë tot as ©Fanus Strydom Junie 2023