Koue uur (Goud)
tydloos draal die uur kluimstom swartbrutaal bevries klipkoud wroeg die nag Andries Fourie 20.06.2023 Neologisme: Kluimstom – Woordeloos koud
Junie (Goud)
somber buig die blom ademloos voor koue vuur bloeibraak groublou kaal Andries Fourie (Seirdna) 20.06.2023 Neologisme: Bloeibraak – Sonder blom
Nog ‘n winter haikoe
die winterson bloei ‘n smeulende skemering voor die nag opgloei ©Loretta Szikra
Winterdood (Junie Haiku projek)
Yskristal verkleef stalagtietstyf teen my lyf priemdood in winterkou ©️Riana Crafford 21/6/23 Neologisme: stalagtietstyf = stalagtiet + styf Priemdood = priem + dood Yskristal = ys + kristal
(goud)
Dis koud hier by my misdroeftig verwinter ek styf in jou arm. © 06/2023 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Weg (goud)
Toe winter my vat ‘n duisend myl ver van jou moes ek wegjabbel. © 06/2023 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Haikoe (brokkel-ys – Goud)
Haikoe (brokkel-ys – Goud) brokkel-ys verdwyn in ‘n wintervaal rotskloof wat ‘n bergstroom baar Neologismes: brokkel-ys = ys wat verbrokkel wintervaal = winter + vaal ©Loretta Szikra
Haikoe (brandsiektjank – Goud)
‘n brandsiektjank skeur deur ‘n aalmoesryk krotbuurt waar koue floreer Neologismes: aalmoesryk = ryk aan armoede brandsiektjank = brandsiekhond + tjank
Winterwoud (Goud – Junie projek Haiko)
rimpel wit satyn huilende wolf klapklanke skeur deur murg en been Amanda dM neologisme – (klapklanke – eggo’s)
HAIKOE
wind en ys word een vasgevang in mensebeen wintersryp-versteend Neologisme : wintsersryp-versteend (toestand van menslike liggaam in winter)