Stil-stil terug
In die hoek van ou herinneringe se kamer, tuimel die sonlig stil deur die kantgordyn en ek staan tussen die skadu’s van gister, terwyl tyd soos ou klanke wegkwyn. Die grasperk waar ek vir ure gelê het, daar het die wolke hul stories klaar vertel, want daai plek is nou met ander se drome bedek […]
Tyd vooruit
Tyd vooruit Elke Sondagoggend, presies halfvier, glip die skaduwee oor die stoepvloer. Van oos na wes. Rokerig. Grys. Rigtingloos. Vertoef ’n oomblik, asem in, en kwyn. Die huis is oud, vol onthou. Wie nog, het hier geloop? Hande vol verwagting, harte vol verlies. Soms ruik ek laventel, soms vingers, sag teen my nek — gou […]
Uurglas #silwer
Uurglas By geboorte ontvang ek ‘n uurglas ‘n uurglas geseël, waar ek geen sand kan bylas kan bylas by my lewenslyn lewenslyn wat bestaan uit vreugde en pyn. Pyn wat die Seun verduur het vir my ewige lewe lewe in die vorm van korreltjies sand sand van liefde wat ek oor ander kan uitgooi uitgooi […]
Stilte Spore
Stilte Spore Duine vou soos ou seegolwe, in goue stilte wat nie skree nie. Sand strek wyd oor asemgrond — vlaktes wat lank onthou. Gemsbok sny deur vlammende lig. Sonder haas. Geen parade. Oorlewing op bene. Trop volg, klank gesluk deur sand. Skaars ’n spoor. Beweging sonder vertoon. Kameeldoringboom, bleek en uitgetrek, klou droë takke […]
Klipnostalgie – geskryf deur Isha
Klipnostalgie – geskryf deur Isha Vyf en twintig jaar gelede loop ek en my peetkind Michelle, langs die see. Ek het ʼn ding vir klippe en daar sien ons die pragtigste pienkerige klip lê wat sê: Tel my op, ek’s joune… Ek het uitgevind dat die ‘klip’ eintlik ʼn sandsteenrots is en daar en dan […]
‘n Lewe in Legato #Silwer
‘n Lewe in Legato My lewe – ‘n mengelmoes van swart en wit note, getoonset in majeure van hoop en mineure van verlange. My skooljare, ‘n adagio soos Beethoven se “Maanligsonate”, met val en opstaan, ‘n arpeggio wat stamel deur tyd. My weermagjaar – ‘n fortissimo, hard en ongenaakbaar, maar tog net ‘n staccato in […]
Ode-Gister weer besoek
Brons gradering- 109 woorde Ode: Gister weer besoek Ons almal was bly, toe jy na ‘n lang gewag, uiteindelik die sleutels, van jou nuwe woning kry. Vandag wil ek ons gister weer besoek, herinneringe saam jou wat my roep. Onthou, onthou begin my vaart, in die verlede in, sonder kaart. Jou tuin besoek ek een […]
Ek onthou
Brons gradering- 133 woorde Ek verlang Ek verlang na die dae, toe kinders se aandklok die son was, skermtyd nie getel was, Procydin net vir grootmense was, ‘n kind se seer net van val was, kerk toe gaan ‘n prioriteit was, stories om die kombuistafel gedeel was, kultuur nog ons trots was, familietyd belangrik was, […]
bose oë
oor my duin loer ek na ons land suidpunt van afrika kontinent oertyd se skeppingsgrond van alles en nog wat verteenwoordig van alle stamme deur geboorte, inplanting migrasie van volkere, tradisies elkeen eie aan sy eie gebrokenheid toe kom die afrika renaissance gierige sub-profetiese oë wat beginsels verruil vir eie gewin byna net […]
Te veel eindes
daar is net te veel eindes aan die afloop van ‘n tog te veel eras wat in flikkering vervaag dis ‘n skreiende verdelgende versmoring van talent waar die logos se beskutting ontbloot staan in die wind deur die skeure van ‘n moëe en deurleefde aardse tent daar’s net te veel gedagtes in die serebellum lob […]