Ma dis Moedersdag
Ma, soveel winters en somers reeds verby – Vadertyd het reeds sy spore diep getrap oor jou grafsteen wat yl af ets teen hemelsblou en die grou graniet wat plek – plek vaal deurskemer. Ek wil so graag vir jou skryf ma… Tog kyk my spieëlbeeld leeg terug en ontredder my muse wat ek reeds […]
Liefdes ink verlaas
kon liefde maar soos ink vloei tussen die blaaie van ‘n liefdes bundel of roesrooi sak saam met son se bloei teen die einders van elke hart se plunder kon liefde maar tussen die sterre blom om elke donker nag se dag te sien sonder om te skuil tussen skadu’s wat stom sing van vergete […]
Kuns vir kuns
Naald, lyn, kraal – knip, kuns glimmend onder lig, stip starend – korrel, mik, vorm jou handewerk – sonder sug. Kleure dansend … om jou oog te streel, knoop, bind – lig, kyk … tevrede glimlag, liefde gedeel. Moeë hande – geboë rug, ure gegee, genoeg geduld, deel jy, gee jy … offer – kuns, […]
HEIDI
HEIDI met jou rooi rokkies spring kaalvoet sokkies wind waai eet oupa soppies happies vir happies hy kwaai hardloop met bokkies hoor al die klokkies sy swaai @Eleen van Deventer Vorster
FACEBOOK VRIEND
FACEBOOK VRIEND Op facebook het ek aande om gesoek tik my vinger vinnig deur sy boek facebook vriend hier lê ek eensaam op my bed vriend wanneer sal jy my kom red op die blaaie gaan soek ek jou orals heen op die blaaie soek ek die regte een my vingers jeuk om die boodskap […]
ELKE DAG
ELKE DAG Elke dag word ons wakker dan voel die werêld sommer lekker hoor ons die stad se geluide hoor ons al die die karre daar buite want ek moet gou na jou toegaan ek is baie bly om optestaan baie bly dit is weer lente vandag ontmoet ek my ander helfte maak ons saam […]
voëlvry
so vry soos meeue wat swewe bokant tierende blou branders so vry soos arende wat sweef bokant uitgestrekte landskappe so vry soos digterlike woorde swewend bo mense gedagtes soos saakmakende begrippe wat stelling inneem bo emosie vry soos kind in sy moedertaal soos water wat rol oor los klippe strome van seën wat riviere vorm […]
Wind verwaaid my lief
neffens die skadu van die kokerboom skryf ek jou naam in die stof daarnaas ’n windroos – soekend my anemoon dwaal my gedagtes soos ’n rolbos wat doelloos tol oor al ons onthou’s ’n dorsland gevul met niks sal jy my ooit verlos? nou ’n wind verwaaide skelet … verdor – gedroog deur tyd skelwit […]
Huiswaarts
Huiswaarts proe tuiskoms goud, laat jou klikklak treinspoor my neem na stille sielerus, huis toe
Jy was my traan drumpel
Jy het my altyd rustig gemaak met jou bossies, sterre en ruim vlak – my aan jou heiligdom laat smaak, met jou hemelse stilte wat oor my sak. Kon ek sit vir ure wyl die son sy baarsel sluier, rustig met sonbesies wat in my ore sing, tot wind vir oulaas om jou hoek kom […]