Dogters van Zeus
DOGTERS VAN ZEUS Tussen blote sterflinge het hulle kom speel dogters van Zeus, beeldskoon, sjarmant en vrolik tussen goudgeel madeliefies wandel hulle koninklik met soetste stemme het hulle mens se lot gesteel om onder die indruk van ‘happily ever after’ te verbeel hulle plesierige wandade was opsetlik en in hulle weë lê liefde hartstogtelik deur […]
‘n klip kan ook breek
Die oggend breek met kolgansroep, ‘n hond wat blaf, ‘n duif. En daeraad se eerste lig wat skroomloos oor die oosberg skuif. O was ek maar ‘n sonnestraal wat so ligvoets oor die land kan wals: sonder huiwer, sonder bang, sonder terug verlang na dit wat was. Ek klou verbete aan my gisters vas. Kon […]
Stil is die bome
Die mond is ‘n blinde spieël dit fluister in die duister geen gewete vergeet van die hede Weerlig blits bome buig sterre val saam met die branders se krag Dit vertel van die son se rooi die lewe se mooi van die dag se gloei van ‘n hart wat bloei Droog en dor warm en […]
Verlore spore
Kaalvoet slenter jy deur die nuanse van my denke… Fladder jou veerligte aroma op my verlang vlugte tussen drome en newels en bloudruk heuwels. Spieëlbeeld jou spore in die sand ve’lore afdrukke van identiteit verwar my sinnigheid. Wens ek kon jou dwalende stem anker … hierdie soekende hart stil, stil in sy hunkering na siels […]
‘n Kierang dans
Jou silhoeëtte – ‘n dansende vlam, af geëts in die sluit van ’n oog, ’n halwe skadu jou beeld, my gevoel ’n enkele monoloog. ’n Dans met die noodlot, kortstondig ’n liefde wat bloei, ’n leeftyd se lief, ’n enkele saad wat groei. Kierang, kierang ’n rou hart, wag ek nogsteeds – ’n halwe smart, […]
Leë Simfonie
Koester my in die kelk van die maanlig, wyl ek nestel in jou hart se holte … aandnewel versmoor my roep, hierdie lied voor hartstog geswig. ’n Lied onvervuld – leeg, slegs maar ’n droom, hierdie eklips van geluk, versonke in my eie sfeer. Smagtend na behoort … lief, lag – volheid, aanraking … passievol, […]
Kersgroete uit die Namib
Ek pluk vir jou die blinkste ster uit die Namib se hemelruim soos die een in Bethlehem lank gelede in die Judea-woestyn om vir jou die lig te wees aan jou voet die weg te wys waar jy op vreemde paaie reis sodat jy in gees met my kan wees in hierdie kersgety
Sterlig van genade
Onthou jy die kersliggies in die donker duisende sterre wat skitter en wink die aandster het stil aan die hemel gehang – ‘n wit kristal wat in die swart nag blink – die melkweg het die pad gebaan – die veld silwerig in die doflig van die maan ‘n wonderwêreld in pêrelglans gebaai en die […]
Kinderkersfeesrympie
Ek onthou nog daardie kersfees (wat was ek, amper drie?) ek’t ‘n donkiekar sien aankom in die wit lig van die maan onder sterrelig en klokkespel moes ek verwonderd staan oor hierdie groot gebeurtenis waarvan ek min verstaan die ou oom op die donkiekar het steun-steun afgeklim sy baard was wit, sy lang jas rooi […]
Veel meer as net ‘n boom my vriend
My ou kolos, my terapeut, my vriend… deur eeue heen het jy gegee, gedra en gemaak met min erkenning vir jou las en daad. Van skepping tot nou het jy meer gegee as wat die mensdom ooit kon dink of redeneer. Jy moes die appel dra van verwyt… al het jy mondloos probeer waarsku met […]