Sprankel hoop vir Kersfees
Dis laat en dis Kersfees, hier en daar blêr nog onvanpasde musiek met klappers wat skiet so in die niet en sterre wat skamerig en yl flikker sonder kersgesang of sagte liriek Donker het sy mantel uitgehang soos ‘n morbiede engel sonder rigting om die skitter van Kersfees uit sy plig te verdoem en Lig […]
Onbekende Fietsryer
Half agt… Die verkeerslig slaan groen – nie een kar beweeg nie, my oë soek en verstar… Gistraand het jou oë dalk nog – aan die melkweg gehang… met jou asem wat sug soos die nagwind en warm wasem uitlaat wat die koue wou vang. Gistraand het jou lyf dalk nog – die linne gekreukel… […]
Kindjie klein
Jou gesiggie tog so fyn – jou glimlaggie alte rein met blou ogies waarin tirade verdwyn, en tog … ‘n tikkie hartseer wat daarin skyn. Jou rooi haartjies dans in die wind met elke rooi krul wat harte verslind, het jy ons lewens stewig gebind met elke tree en huppel my kind. Jou handjies dra […]
Digters liriek
Hoor my taal… meesleurend in sy daad – hoe hy lof besing of hartseer bring. Sien sy kuns… vormend op papier met woorde dans agter masker skans. Voel sy passie… eksoties dog luimig jou verstrengel in sy greep voor ink se laaste streep – Rol op my tong my taal laat digters pen jou vas […]
Liefde is die antwoord
LIEFDE die antwoord miswolksag jou grepe van hoop liefgelukkig ontvang ek jou jy vul my yskoue bestaan met warm omgee vasge-anker met ‘n lewenskoord ek lééf in jou bestaan jy hou my hart in jou hand in bloulugsfere reik ek na jou sonskyn arms stadig draaiend hou jy my styf teen jou wys my die […]
het jy al?
Het jy al? het jy al die bosveldmaan geproe wyl jy motvlerkwapper daarvan skink hy smaak helderblink doudruppelblou as hy knipoog vir jou met ‘n flertsie sku het jy al die sonbesiesang gesien dis net soos trommelvoetstappe oor jou warm lyf hoendervleiskoud die grootsheid daarvan dat hul afkoel deur hul irriterende gekyf het jy al […]
Want toe was jy nog lief vir my
Want toe was jy nog lief vir my (SPERSTREPE) Ek huiwerstap met trae voeteval versigtig, verleë, verward jou sperstreep woorde wat om my knal slaan my menswees plat, hortend en hard niks wat ek doen is ooit goed genoeg alleen in my binnekamer sal ek aanhou wroeg binne die sperstreep van jou eie norm is […]
Toegekurk
Toegekurk Op die stoep van my onthou Liefde en omgee, kosbaar getrou Maar binne, ‘n warboel vrae Dit vul my bestaanlose dae Genade van my Hemelse Vader abbadra my oor ‘n stukkende pad vele momente en gedagtes eskader skiet met gebed in hoogste rat elke keer as my diepste wese geraakword deur lééf se vrese […]
Trek aan my serp
Trek aan my serp ek skryf vir jou ‘n brief hier uit vroegherfs se onthou daar was blare uit die lug wat roesbruin oor jou vou my gemoed was lig dog swaar toe jou liefde, stuwend dors dringend maar vol halt wintervat vooruit ontspoor herfs het ook vir jou ‘n kaalbasmus gebrei die geur kan […]
NOG ‘N DAG
Met die eerste strale van die son streel sag die dag se groet oor jou slapende gesig waar ek bevoorreg en geseënd jou asem teen my voel as ons saam ’n nuwe dag begin en gister se ure deel word van ons sprokie ©HMellet