Gemoeds Vlug
Koud en alleen jou arendsvlug… soek jy ‘n rusplek vir jou voet, die mooiweers son – ‘n klug, taan die oranje – rooi gloed. Wind’rig hang jy in die lug, swewend op ongekende genade, soekend jou oë na rus, talm jou dade. Wagtend vir die suidooster, om jou te dra na vrede, ‘n krans in […]
Winter saligheid
Hier sit ek… vinger verkluimd, verkreukeld verkrom en streel die sagte rekenaar knoppies – soekend na nostalgiese woorde, wyl liriese akkoorde blêr oor die koppies, dan – plotseling… voel my brein oud en dom. Gas warm bearbei die verwarmer die leemtes om my, wat sny – kou aan warm vlees… en probeer ys in stilte […]
‘n Slagveld
Jou siel ‘n barre slagveld… ‘n weeklaag van ‘n gewonde, wat eensaam lê en roep – oor ‘n aarde van geweld. Sy wonde menigvuldig, sy pyn en smart lê en bloei, die verbande is deurweek, en niemand is hom verskuldig. Hy weet die duister is daar… en hy kan daar niks aan doen hy’s alleen […]
Vergete – ons helde tussen ons
Is jul dan tog net afbeeldings van graniet van vervloë dae se oorwinning en verdriet – weet ons kinders se kinders van jul gisters of was jul lewe gegee, pure verniet? Skuil ons helde net tussen vergeelde blaaie van ou geskiedenis boeke in vergete laaie of het ons al tyd geneem om te dink of […]
KAAPSTAD
KAAPSTAD In Suid Afrika is Kaapstad gelee een van die wêreld se sewe wonders staan tafelberg langs die blouste see met besonderse beeldskone natuur Kaap van storms met water wonders het diep in my hart en siel kom lê tafelberg se groot wit wolke kombers het sagkens oor die berg kom lê tafelberg se uitsig […]
STOOMTREIN
STOOMTREIN Ek hoor die trein se harde fluit stoom borrel by die lokomotief uit hoor ek hoe swaar die enjin druis sukkel die trein die opdraande uit hoor ek tik tak klanke op die spoor deur berge en klowe in my oor deur die venster kyk ek vêr terug na die rooi lang trokke op […]
RICHTERSVELD
RICHTERSVELD In die oop vlaktes van die skone Richtersveld strek die klipagtige berge rotsformasies gestapel opmekaar op hierdie verlate dorre aarde het GOD al die klippe uit die hemel gegooi in GOD se verlate vlaktes hoor jy die eggo’s van die doodse stilte Richtersveld se verlatenheid aanskou jy kaktusplante vêr uitmekaar langs twee rye rooisand […]
Die vrou weet waar die vuur is
die vuur is in die son se straal oranjerooi in gloed wat wals oor vlaktes en oor velde; dis in die môrestond se groet die vuur vloei deur valleie dit volg die nag se spoor deur elke kronkelpaadjie die hellings en die steiltes oor die vuur vly in die blom se kelk en teen die […]
Verlange trane
Wanneer jy ‘n fassinerende skulp op die strand sien blink glinsterend en weerkaatsend hou jy in werklikheid ‘n klein wonderwerk in jou hand vas Skulpe soos tulpe skulpe soos stulpe skulpe soos die siersels wat kom uit die see Dan stort ‘n brander op die strand soos ‘n beeld wat omval en breek hou ek […]
Laventelhuis
Wanneer die lenteson – laatmiddag – haastig na benede sak en die laaste strale lou en goud oor jou stoep en teen jou mure bak – dan wonder ek: Wie het jou gebou, wie’t jou stene op mekaar gepak, sement so teen jou mure aangeplak; wie het die pleisterwerk gedoen, by watter naam sou ek […]