rooi klei grond
in hierdie rooi grond kluite is gemeng die bloed en sweet in hierdie rooi grond kluite lê beendere van geslagte lank in hierdie rooi grond kluite rus honderde jare se drome in hierdie rooi grond kluite lê verset en oorlog verstoke in hierdie rooi grond kluite is ingeboude bittereinder moed in hierdie rooi grond kluite […]
Wie is jy en wie is ek?
Alleen wie wie is jy, wie is ek as jy daar doer en ek net hier gedagtes wissel maar wel versuim oor ‘n kuberruim ‘n nagkombers oor ons harte aan te trek? wie is jy en is ek gek om jou beelde vas te vang in grepe van seisoene of harmonië van kleur oor jou […]
Oorwinning
Oorwinning bring vir my ‘n pleister plak dit oor die seer van hierdie storm die een wat brul en brom en braaf my gees met vernietiging wil skaaf vee net eers die bruisende bakterie wat afbreek en kil-kouend knaag plat baai dit in soutwater traangevulde skoonmaak nog ‘n keer skoon op my knieë, Heer versigtig […]
Kupido droom van Venesië
Ek huur vir jou ’n Gondelier en sy lied wat aandstonds roei op die kanale van jou gemoed – teen sonsondergang gegiet hang ek ’n kandelaber in die vensters van jou siel – roep ek jou Ghantang om heimlik te vergader gee ek vir hom ’n kanoentjie en skets vir hom ’n illusie sonder enige […]
Félicitations pour votre vie
op my duin daar is nie plek vir haat geen plek vir beuselagtigheid daar sweef gedagtes soos meeue beskou die diep blou see verleë alles wat ek daar sien gebeur die afgeronde jare in eeue lankal terug tot vandag wie jy was en is gedeë aangeslane goud miskien maar blink net onder jou vel waar […]
Melankolie
Ek vra hom hoe voel hy die meeste van die tyd… daar diep binne waar ek nie kan sien nie. Na ‘n oomblik se peins sê hy “melankolies, nie ‘n diep, donker depressie nie, net… melankolies”. En dit sit my aan die dink. Wat laat mens melankolies voel? Wat beteken melankolies eintlik? Die HAT sê […]
Kersfeeswonders
My nuwejaarswens van ‘n duisend sterre vir ‘n ieder en ‘n elk het my gedagtes weer laat koers kies na kerstyd as kind. Sterre laat my altyd aan kersfees dink, sekerlik vanweë die kerstoneel in die kinderbybel met die Betlehemster wat helder in die hemel hang om die pad aan te wys. Vandaar seker ons […]
Die geur van onthou
Tog wonderlik hoe mens se sintuie jou gemoedstoestand kan beïnvloed of jou skielik na die verlede kan verplaas. Klank, geur en beelde kan jou oombliklik herinner aan gebeure uit jou kinderjare en glo my, hoe ouer mens word, hoe sterker word die assosiasie tussen sintuiglike waarnemings en onthougoed uit die verlede. So paar jaar gelede […]
Water krisis in die Weskus
die Boemelaar se bordjie het altyd heel bedees gelees… ‘n bietjie kos, klere of ‘n week se werkie is welkom nuus uit die Weskus sê sommige restaurante weier kraan water aan hul klante en glo later in April is die water klaar die Boemelaar se bordjie gaan nou lees, gee tog net ‘n bietjie water […]
Repelsteeltjie
Meulenaar dwaasheid Koning gierigheid vir goud dogter huil so luid laat dwerg se ore tuit sel koud spin sonder skaamheid sê kinderloosheid vir goud