Grootman
Grootman. Twaalf jaar gelede het ons jou na die Laerskool gevat, jy het vars spore na die nuwe skoolsaal getrap. Man-alleen het jy voor in die saal gaan sit, terwyl Mamma ʼn traan pluk en ek ʼn paar keer hard moes sluk. Jy was jonk, klein en tinger, maar dit was gister! Vanoggend het ek […]
Die uurglas
Die uurglas Kosbare korrels rol ongesteurd vasgevang in gravitasie se tuit waar niks hul tuimel stuit beur deur vernouing ongedeerd. Kosbare korrels vryval ver na benede betaal dan dadelik die hoogste tol as laaste oomblikke oombliklik stol die maatstaf van ʼn verlore verlede. Waarheen tyd verdwyn kan ons net raai jou sand sal spoedig ook […]
My Valentyn nooi
My Valentyn nooi jy josefskleed my dae met kleur jy jasmyn my met die soetste geur jy wag-‘n-bietjie vang my so bedrewe Jy rankroos my lewe deur en deur. Jy is yesterday today and tomorrow vir wie ek lewe jy vuurpyl my om na nog beter te strewe jy halfmens my as jy my geselskap […]
Liefde is ‘n slaaf
Ek wil net voel iets voel nie te veel, nie te min ek wil net voel Lyf reageer op lyf twee harte wat saamklop ‘n mens is nie gemaak om alleen te wees maar alles het ‘n prys Liefde is soos ‘n verslawing ek wil net voel nie te veel, nie te min ek wil […]
Daardie dae
onthou jy daardie dag – ek dink dit was oktober – op ‘n sonnige agulhas-strand wolkies wit soos rafels kant die vonkelwyn se borrels het deur my hart gebruis jou belofte kon ek hoor bo die branders se geruis onthou jy daardie dag – iewers laat in juliemaand – in ‘n koue nat namakwaland die […]
romeo en delilla
wees jy my romeo dan’s ek jou delilla om jou vas te weef in my dromeweb waar liefde nooit vergaan en jeug vir ewig staan waar ons gypsy siele saam op reis kan gaan saam kan swerf deur kammaland ons spore in die silwer sand – jy my don quixote….of juan en ek jou juliet […]
Ek kyk oor die spruit
Ek kyk oor die spruit die diepte is nie baie nie deur die helder water blink die bodem weerkaats die son se boodskap na my ek lees jou gedagtes tussen die klippe voel die roep vanuit jou hart se binnekant wanneer natuur se skoonheid uitbars in blommevreugde en voëlgesang hoor ek jou asem teen my […]
In die niks tussen jou hart en jou knieë
In die niks tussen jou hart en jou knieë kan ’n liefde ongesiens, onontdek sluimerend groei, tot eendag! Sou jy dan jou tassie pak en oor wye oseaan haar vind? Laat háár dan toe om jou hart te heel, jou binneste te vul -nie om met haar te speel, maar- vir haar te gee jou […]
‘n kruppel lewe
soveel jare se alleen het oor dekades heen onooglike eelte in my siel se teelaarde geplant, gesaai oseane vol trane is geween oor dorre klip en steen waar dikvoet en koesnaatjie sonder murmel blom na enkel druppels reen duisend tye kruppelalleen het jy in marteldae omgeskep, elke een rondomgeskil gekerf tot ragfyn skyfies met sap […]
donkernag
hier skyn ‘n ster, ‘n enkel een, die ander is in deins gehul die water raap ‘n maanstraal op speel daarmee, vleg dit wiegend in die wind. eensaam klink ‘n jakkalsroep wyl die nag die afstand krimp na sy maat se blyplek toe. ©adéle