Viooltjies in die kombuis
Hier is ‘n winterkaros om ons toe te kombers, jou lyf kontoer my teen jou vas- elke legkaartronding is gemaak om te pas en die vlammetjie flikker bo-aan die pit van ons kers. Ek proe die soet-suur van maande se onthou, skil en kook en ‘kênfroet’ emmers vol bitter ervarings, en plant vreugdepitte in die […]
Varinggroen oë
Varinggroen oë Hy kyk in haar oë. Groen soos varingblare, met die mooiste ooghare daarom. Lang, donker wimpers wat by haar donker hare inskakeer. ‘Sy gaan nooit grimering nodig hê om te sien waar haar gesig is nie,’ dink hy. “Oom?” Haar stem laat hom besef dat haar trane baie naby is. “Kan ek jou […]
wanneer son in my hart inklim
‘n sonstraal trippel rond op die kleindorpie-werf, klop aan ‘n venster om die slaap binne te bederf, wanneer die wind liggies aan die gordyne pluk klim hy skelm deur die venster, heel in sy skik! in die koel oggend kom sprei hy wyd oor ons en koester ek die liefde wat uit jou oë tot […]
Liefde is bittersoet
Rol, ruk sweet in die bed die vampier gryp haar aan die keel met ‘n warm byt sterf sy met ‘n glimlag op haar lippe sag….. In die verte hoor jy sy bloedstollende lag met ‘n waglike lus na nog …skielik hyg sy na haar asem haar oë staar kaal en sielloos na buite vir […]
Altyd is ń lang tyd en nooit net ń katspoeg ver
Soms gaan my gedagtes onwillekeurig op loop sommerso sonder rede of gewete so ál asof dit my wil straf – dan onthou ek weer vir jou en jou hande wat helend my seer wegstreel, ek onthou jou glimlag en jou oë, daardie oë wat soveel keer diep in my siel kon kyk terwyl jy pleitend […]
Net ‘n versie in blou
rose is nie altyd rooi nie, my lief en net sommige viooltjies blom blou maar suiker is altyd soet, my lief en só ook hierdie woorde aan jou maar wat maak die kleur van blomme tog saak of hul geel is, of pienk is, of pers en die soet van suiker is min ter spraak […]
In jou lê jy
Waar lê die prag vanaand my liefste maandromer as jou verlange saam die wind sing sal jy dan vir my hoop kan bring wanneer die slaap verwagtinge vashou sal jy dan ook spore na laat in die nag se soen waar die kommer van môre homself verbloem daar waar die maan fluister van liefde wat […]
Simfonie
Simfonie (4de skryfkompetisie ) Ons liefde is ‘n simfonie lirieke uit die hart dansende sleutels swart en wit op ritme van ‘n vlindersnaar tyd het geen gesag as siele deur die eeue roep gedisassosieer van mense mag uit die kokon van slaap sal die vlinder ontwaak ©PcV
Geslote deure
Geslote deur (4de skryfkompetisie ) Met ‘n verhefte stem het jou geslingerde woorde reg deur my blou gekneusde hart geboor en ek wonder… “is mishandeling altyd dan ‘n gebalde vuis?” want, jou woorde sny skerp en diep en los letsels wat die blote oog nie raak kan sien wie gee aan die stilte ‘n stem? […]
Tortelduif
tortelduif jou mooi duif jy wat uitgesoek was jou vlerkies oopgespruit koer jy langsamerhand elke dag bewonder ek jou terwyl jy pik op die grond mielies en broodkrummels geniet tussen druppels dou vroeg in die more met die son se lig word jou eerste koer koer gehoor verlustig ek my in die oggendlied my wakker […]