Weerkaatsing
soos ‘n ego weerklink dit terug word die geluid weerkaats in ‘n grot ‘n leë hol saal geluidsgolwe deur rotswande hier waar ek staan vry en die wêreld stil oorkant die kloof van stilte wat ons skei tussen berge en dale, klip en bome kan geen geroep ‘n dowwe weerklank wek soos ‘n weerligstraal skiet […]
Doudruppels
soos doudruppels beleef ek jou trane gegiet in stortings uit jou diepste wese drink ek elke kreet uit jou hart uit op dit ruk my binneste deurmekaar my woorde het opgeraak verswelg in my keel vasgesit saggies hou ek jou vas so naby is jy maar stukkend verskeur jou pyn het myne geword niemand verdien […]
liewe Reën
ek wil vir jou ‘n benatte brief skryf en dit in my dorre grondhart vir jou stuur deur per reëndruppel deur per grys wolk mag jy nooit weggaan nie mag jy elke dag jou genade sluise oopmaak en nie vir altyd jou wolkekrane toe hou nie jy is altyd welkom my bedroefde Suid-Afrikaanse deur is […]
Alleen, sonder jou!
Tussen oggend en aand verdwyn jy stadig, stadig onder die grond tot jy wegsmelt in die duister van die nag was jou naam liefde?
lag van jou mond
ag van jou mond as oggend dou, blaar met traan behang en sagte son, strelend verlange ontsmart, mis ek die warmgloed van jou omhelsing, jou hand in myne en soos die dag ontvou, wil ek net vir ‘n wyle… agter die lag van jou mond, onder die troetel van jou kyk, vertoef ©Anton Kilian
beelde
beelde love is the poëtry of the senses – Honore de Balzac as verlange die dag uitrek skemer winterson in wolk verdryf en grys oor die horison dreig hoor ek stemme, saggies soos die sypel van reën in die laatnag in ritme en kadans van poëtise musiek… die kamer stil raak, jou afsonder soos ysige […]
valentyn
Valentyn ek droom en skryf van liefde van omgee en koester van vingeraanraking en vurige hartstog… sal ek jou kan liefhê as jy dwaal deur my drome in donker maanlose nagte… sou ek jou kyk eien tussen die ritsel van boomblaar, elke letter van jou naam soos ‘n troebadoer kon neurie jou reuk kon proe […]
Die man wat ek liefhet
Die man wat my liefhet slingerpad deur veld en gras en die fynbostakkies wat – net gister nog – sonder blomme was bloem welig in ‘n welkomsgroet. In die fluitsang van suikerbekkies klink ‘n blye weersiensroep oral waar hy ou bekende paadjies loop en – met sy hande – ryp sade van graspluime stroop. Die […]
Aardsdom
Aartsdom hake-krukke hunker die hart deur hel van bittersoet-stormslagweer verlief ©Loretta Szikra 20171206/Pendoring 7/Cinquain digvorm
Soekend
Soekend ons het mekaar gesoek, gevind ons vir ewig aan mekaar verbind beloof om te beskerm, te bemin ons te kokon in hierdie liefdeskring om en om doen ons die dans gryp elk geleentheid, elke kans soms harmonieus, in pas soms verward, in mekaar in vas soms spat ons kringe uitmekaar soos Opperman se draaikewers […]