Ek kyk oor die spruit
Ek kyk oor die spruit
die diepte is nie baie nie
deur die helder water
blink die bodem
weerkaats die son
se boodskap na my
ek lees jou gedagtes
tussen die klippe
voel die roep vanuit
jou hart se binnekant
wanneer natuur
se skoonheid uitbars
in blommevreugde
en voëlgesang
hoor ek jou asem
teen my hare
gee jou hande se warmte
lewe in my vingers
raak ons woorde sag
voer jou liefde my stilweg mee
©adéle
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek