donkernag
hier skyn ‘n ster,
‘n enkel een,
die ander is in deins gehul
die water raap ‘n maanstraal op
speel daarmee,
vleg dit wiegend in die wind.
eensaam klink ‘n jakkalsroep
wyl die nag die afstand krimp
na sy maat se blyplek toe.
©adéle
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Carin Marais
Pragtig!