Rosie in die supermark
Rosie in die supermark Toe ons in Tanzanië aankom het, het ons ’n huishulp gehad met die naam Rosie. Rosie was ’n aangename persoon, maar kon nie ‘n woord Engels praat nie, sy kon net Swahili praat. Ons kon Engels praat, maar natuurlik geen woord Swahili nie. So gebeur dit dan dat elke ding na […]
Kerswens
‘n Kersfees wens lê ek voor jou voete neer. Mag God jou ryklik seën, jou hart vol vreugde reën, jou siel se vrugte blom jou vyande vir hulself grom jou sorge wegkwyn. Mag jou drome jou dra en jy meer jyer wees om oor te loop van genade, geluk en vrede. Seënwense vir jou, vir […]
Vaal mure van liefde
Wanneer die dag stil-stil raak hoor mens net die geritsel van die akkerboom se blare en die wind se waai wat deur die windpomp se vinne draai Die seisoene teen die skadu’s van gister se koppies die weerkaatsing van afgeleë water droom in die buitenste lyn van die horisonne Eenkant staan die vaal mure van […]
Digkuns vlam tussen my hande
Digkuns vlam tussen my hande mag ek soos my hande om ‘n kersvlam digkuns koester in die vlam van my liefde omraam die hitte van my hartsbegeerte wat kosbaarder as kleinood is die appel van my oog – om Afrikaans se fakkel hoog te brand die kuns vervolmaak om met liefde lewe te besing deur […]
Jesusfees
Soos die fees gety geliefdes saam bring wyl’ die engle kore Sy glorie besing Loof en prys die Koning seg dank vir elke sëen offer liefde en vergifnis aan elk vir jou geleen ‘n Geskenk is ons gegee- ons Verlosser en Heer elke knie sal buig Sy grootheid te vereer © Carla Visser 12.12.2017
Ek wens …
Ek wens … ek wens ek kon my liefdeswoorde vasbind aan die vlerke van ‘n arend sodat hy dit oor die duisende kilometers na jou toe kan neem nie oor die seine van die lewe nie nie oor ‘n selfoon en wifi nie nie per epos of faks nie of per soentjie op skype nie […]
Halleluja vir U genade
Halleluja vir U genade Halleluja halleluja ek sê amen amen op my hele lewe elke woord vol vreugde vol lofprysing en eer vir U genade op my lewe Halleluja Halleluja halleluja die maan sterre met die Suiderkruis God se skeppingswerk my dag – nag sirkelgang sê ek halleluja loof die Heer Halleluja halleluja geskryf vol […]
‘n roos vir jou…
rose vir elke mooi vrou mooi rose vir elke vrou rooi, wit en geel rosies reg om getrou te skenk rose vir ‘n verjaarsdag en elke mooi somersdag elke spesiale geleentheid wit rose trou op die graf rose vir elke een wat huil siek is en bemoediging kort ook ‘n rosie vir jou ou mens […]
WERNER
WERNER ‘n wind het rukkend plukkend so skielik om jou lyf kom tol jou kroon gegryp en ongeërg in klip en kluite neergesmyt ‘n boom, eens majestueus sterk teen die hemele getroon nou asemloos, en leweloos nou net ‘n kale silhoeët los herinnerings hier en daar sif neer soos ‘n herfstapyt hulde in die warmste […]
‘N LAASTE GROET
‘N LAASTE GROET vandag loop ek die pad ver terug die pad wat jou storie vertel ek maak jou spore een-een bymekaar jou trapklippe, jou aarselplekke ek ruik die winde wat jy mee gedans het die branders nou mak wat jy mee gestoei het glansend die glinsters wat jy by die sterre gaan haal het […]