Johanna en die trampolien
Johanna en die trampolien Die beste televisievertoning wat ek nog ooit gesien het was nie op die kassie gewees nie. My drie seuns besluit toe mos eendag dat die Masaai wagte, Johanna en Thomas, aan die wêreld van televisie voorgestel moet word. Die twee mans, ongewoond daaraan om binne groot huise soos ons ene in […]
Freddie en die bootbouers
Freddie en die bootbouers Stone Town, die hoofstad van Zanzibar, is nie groot nie en eerder ‘n groot dorp as ‘n klein stad. Mens ry nie sommer in die plek rond nie, want die binnedorp is oud en die straatjies is smal, en die buitewyke is maar vuil en bouvallig, met stukkende paaie en alles […]
Verlossers Kind
Onbaatsugtig Godlik hart alomteenwoordig Seun van Een gebore mens, ons Skepper Heer om ons verlos van sond’ en seer nederig sag in ʼn krip gelê ʼn Kindjie klein, van God ons Heer Sy hand het self die strooi gemaak wat nou Sy bed in stoppels maak ons buig die knie op sondaarsgrond ʼn Kind vir […]
Katjiepiering skatkis
Katjiepiering blom soetgeur in die vroegskemer na-dag en rus sag in my neusvleuels Verdiep dan my onthou nes die kartelkantjies van die witblom se prag om die presiese herinnering te pluk uit gister se skatkis waarin dit geduldig onder stof wag Katjiepiering soete blom soet is die onthou nou wat vanuit jou aroma kom
Filosofie
Verbeelding se ideaal is geluk wat nie rus in rede en dit bring ook nie vrede maar aart in dankbare begrip dat wat was, verby is en deur die erkenning dat ongedaan maak, onmoontlik is Elke dag deur lot gegun tel as profyt in die lewensdans se jolyt want leeg is die dwaas se lewe […]
Wesens van die wind
Fassette in wind sal jy vind Laat dit of gehaat of bemind Die mensekind is ‘n wese van die wind altyd ‘n tolbos wat een ry spore los Spore wat swaai spore wat jou soms laat raai en langs snaakse paaie draai om lewe se saad te saai Dit tol soms traag om die gejaag […]
Maskerade
gesigte maskers fronte weet jy wie jy is laat jy ooit die masker rus? of is jy al so verdwaal kry nie die pad na die kraal laat die lewe se skete jou ook vol ongegilde krete wil jy soms net krepeer wegkruip van gewetenlose seer? dan sit jy weer die masker vas die een […]
toneel skikking
juigende jubelende geesdrif net mooi glimlagte oral oor vakansie tyd is heerlike tyd vroeg op die strand is dit stil dan slaap vakansie mense nog soms is daar ook geesdrif vroeg golwe bly altyd vriendelik lok met sagte weste wind wat waai kan almal lekker speel en baljaar môre waai suid ooster dalk weer bring […]
Kasspir en Indiese kos
Kasspir en die Indiese kos Ons het ‘n hond gehad, sy naam was Kasspir. Kasspir was ‘n rifrug sonder ‘n rif op sy rug en ook maar min tussen die ore, maar hy was ’n goeie hond en het die nodige beskerming verskaf en nagtelike wagdiens behartig. Ons het ook ‘n ander hond gehad, Boeboe, […]
Masai en bokbloed
Masai en bokbloed Die Masai is ‘n baie interessante nasie. So het ons dan vir Thomas en Johanna gehad as nagwagte by ons huis in Dar es Salaam. Die Masai kom meestal uit die Noorde van Tanzanië en die suide van Kenia, uit ‘n area bekend as die Masai Mara. Hulle is bekend vir hul […]