Diep en donker rafyne
Soos ‘n bal vol bloed hang die maan in die lug blou reën speel in die see gly oor die branders se rug Die aroma laat my mond water dit hang soos lanterns in die donker elkeen spat in sy eie rigting soos die bloed pomp deur die water Die son sukkel om my vol […]
RYE SPORE
RYE SPORE Vers1 Rye spore het ons op die strand geloop Jy het rye spore deur my hart geloop Voetspore, diep in my siel gebrand Jy het sagkens in my hart beland Vers2 Rye spore het ons op die strand geloop Jy het rye spore deur my hart geloop Kyk in my oë so skaam […]
Eva se lente
As jy weer minne-woorde skryf onthou om nie te vergeet van haar lente wat oor jou siel dryf wat die nadraai van jou winter te ontleed Op die sesde dag was alles mooi en dit was winter en skielik net lentegeure toe Hy jou ribbebeen deur haar gooi ontwaak jy in ‘n paradys vol geblomde […]
Solmisasie
Ek streel jou naam met die oggendson se heel eerste sang oor my laaste traan; heelnag het ek gewag geroep geween. Met die ademlose eggo van jou vormlose voetspore raam ek ‘n nuwe dag om die soom van my cadenza skaterlag © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Eggo
Jou eggo pen my vas waar die ink deur jou hart lek en vreedsaam weergalm deur my binne-mens hier waar ek stom-skugter skuil in die diamant glinster van jou oog. Jou woorde smelt oor my doofstom-bestaan tot waar die sekelmaan se bo-punt krul en verlos die monster in my apokalips. Ek wens ek kon wegsweef […]
Verlies
Eens sou sy onder bome sit, Akkerbome – op ‘n Boland plaas. Sy sou luister hoe die ganse (met die kolle) op die grasdak van ‘n opstal sit en raas. En sy sou eet met silwerware uit ‘n bord van porselein – witter as die witste wolk wat oor Simonsberg verdwyn. © Carma Shaw 18 […]
Lente
saggies-saggies kom jy nader skugter briesie dra jou geur kanferfoelie, petunias, jasmyn en frangipani jy bring bloureën, sonsoekertjies en wilde salie om saam te dans met skaam viooltjies in my tuin jy gooi ‘n bont kombers oor winter skade bloeisels dartel uit kleure spatsels van jou palet jy verf helder prentjies oor vaal winters kleed […]
Gieters van gister
Gee my jou winter en ek stuur vir jou somer’reen bring vir my die lente vou my toe met jou soet geur Wanneer die son die oggend oproep mimiek die gevoel in my binneste skielik voel ek weer alleen Ek wag vir jou die in skemermistigheid van nou straatjies met herfstrane op my wang wat […]
Susan se storie
Susan was haar hele lewe lank deur haar man mishandel. Het sy die moed om weg te stap uit hierdie huwelik?
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 11
. HOOFSTUK 11 Kas skakel eers Stefan se prokureur en reël met hom dat hy by is met sy besoek aan Stefan in die selle. Murray wou eers nie maar toe Kas hom meedeel dat daar nuwe getuienis is wat hulle dalk kan laat oorweeg om n verklaring af te lê stem Murray in. Toe […]