Afrikaans is my herkoms
Kombuistaal! is dit uitgejou. Verban uit skool en staat. Dis platvloers en hopeloos grof net 44 oor wat dit praat. Die taal is nie van Afrika, Europa toe! het skares gegil, maar, Afrikaans is steeds die taal van my hart so, ek sluk maar die bitter pil. Afrikaans is my herkoms, my toekoms, […]
distels en dorings
met beswete gesigte moes edoniete buite eden eet omdat aarde vervloek was na sondeval skraal grond, woestynvorming, springkaanplae plaasmoorde, misdaad, korrupsie en sonde goddeloosheid sal soos vuur brand distels en dorings in rook opgaan selfs rose wat dorings dra en distels wat blom braak ‘n nuwe braakland waar geen distels en dorings groei […]
Meimaand
Wat is dit omtrent Meimaand? Dalk is dit die gekleurde blare wat net so deurmekaar soos my gedagtes oral rondlê vir almal om met hulle stewels oor te loop. Ek vermoed egter dis die koue. Dit kom skrop nes so neffens my hart. Dis maande soos die dat die koue en verandering my laat wonder […]
Lego Lewens
Ek kyk na die enorme bak Lego blokkies waarmee my seuns as kinders gespeel het. ‘n Hele groot bak vol helder blokkies wat altyd hulle gesiggies opgehelder het. Jare later het ‘n vriend se seuns daarmee gespeel as hulle kom kuier het en nou speel my boetjie se 4 jarige daarmee. Soos ek die blokkies […]
Verkeerde seisoene
Terwyl ek gaan stap het, sien ek die populier bome op die golfbaan begin van kleur verander. Ek loop en dink by myself dat dit ‘n natuurlike verskynsel is, maar wat my pla is dat dit totaal verkeerde tyd van die jaar is. Dis egter so in ons lewens ook. Ons is bewus daarvan dat […]
Tussen die duine (lied)
my hart reis tussen die duine rond tussen die fyn waaisand van die tyd waar skroeiende brandertjies van verlange oor my wange spoel soek ek na jou Koor: my hart reis tussen die duine rond straat-op straat-af soek ek rond duin-op duin-af kyk ek uit vir jou tussen die duine soek ek na jou tussen […]
YHWH Mei projek Silwerklas
YHWH my tyd het stof geword en die laaste woord is reeds gesê die stilte het nou opgehoop deerlik dra ek die dood binne-in my ontheemde liggaam wat my einigste maandaat was om die aarde lief te hê nou word ek laai vir laai uitgepak en dis net die leë binnekant wat my nog raak […]
Kom vat my plaas- (Rap)
Kind van Afrika, ek daag jou uit kom vat my plaas, uit my hande uit waar die winde raas en die windpompe blaas waar die aasvoëls draai en die elemente koning kraai waar rooiduine roep na ongediertes op my stoep rol op jou moue en trotseer die koue droom jy van my plaas waar die […]
Mei 2025 – OOP projek
Beste INKers In die laaste maand van herfs, terwyl die verganklike lower geel, bruin en goud verkleur, gaan hierdie projeksiklus sonder voorskrif en reëls wees. Gebruik hierdie vryheid om jou pen leeg te bloei sonder die karwats van voorskriftelikheid. Innoverende mense navigeer die toekoms in `n Afrikaanse milieu. Lekker skryf Projekbestuurder. *ONTHOU SLEGS 2 DIG […]
vryheid (Goud)
sy had genoeg van verwronge onderwater stemme wat met bruisende finaliteit haar siel binne wil stroom lamgelê ná die laaste storm het sy oorgegee terug gesak in die einste malende waters toe het sy ligvoets deur die water gewaad haar toonpunte in die modder-aardbodem ge-aard sy het die vyandige dieptes van die water […]