Vang’net
Die lewe is ‘n lied waarin die smarttroon van ons skeiding klink waar ons ten einde in eensaamheid vesink
Spookspore
Verlede spoke spore dans oor mens se reg in heiligste plek
In elke lewe
Maar die lief en leed is in elke strewe daarom is gedeelte leed versagte
Stilte (Haikoe)
Golfies glimmer goud my woelige hart bedaar Volmaan stil my siel.
Ma… lê ma effek (Haikoe)
Witstinkhoutbos brand Rooikappie-riel skop stof op Somerson skyn flou
Noodlottig beroof
My huis was gesluit jy staan in my knus kombuis voete in my bloed.
NEMER VAN LEWENS
wees my genadig as jou lem teen my keel blink, jy’s ‘n mens nes ek (C) HMellet
OP EEN SKAAL
Menswaardig is jy vry en gelyk kan ons wees op dieselfde skaal. (C) HMellet
Vier seisoene
Ek hoor hoe vier viole in tale met my praat Klanke van ʼn simfonie wat deur die snare van ʼn stringkwartet my hárt se taal ook praat. Soos die strykstokke dansend oor die snare van vier viole gly, druis vier seisoene se vibrasies vuurwarm deur my! Stringkwartet van vier seisoene herfs en lente vars ʼn […]
DIE KEUSE
KORTVERHAAL DIE KEUSE Binne-in die koevert was ‘n pragtige sewejaartjie. Martie haal dit uit en gooi dit binne-in die graf en kyk hoe dit saggies op haar man se kis val. Met haar een plomp hand wriemel sy haar duur swart rok se soom met duidelike onsteltenis. Trane loop oor haar bol wange en haar […]