Arabiese lente – Haikoe
lewe sielesmart arabiese lentebloed deurdrenk die erfgrond © Anzé Bezuidenhout
MEISIE MET DIE VIOOL
Dit het na vioolmusiek geklink wat vanuit die solder gekom het net nadat Braam Eksteen die Land-Rover se masjien voor die ou opstal afgeskakel het. Feitlik dadelik hou die musiek op en na n paar oomblikke verskyn n aantreklike donkerkop met n spierwit rok, soom net bokant die knie, en n viool in die hand […]
Slawekind (Haiku)
Mumbai slawekind seshonderd rupees té veel herfs – jou hart se lot
WENNERS: – LIEFDE -PROJEK: FEBRUARIE 2017
Baie geluk aan die volgende wenners!! GEDIGTE: 1. Hermien Strumpher met Pasmaat 2. Loretta Szikra met Ek sal jou liefhê tot… 3. Barbara Smit met Doolhof van my liefde VERHALE: Geen Baie geluk aan hierdie 3 digters Inkgroete
Maart 2017 projek – Menseregte en morele wysheid
Aangesien ons die maand betree waarin elke Suid Afrikaner sy of haar mensereg en morele wysheid kan vier het ons dit goed gedink om dit as onderliggende tema te gebruik vir hierdie maand se projek. Die reëls om hieraan deel te neem: 1.Daar is geen spesifieke titel of tema nie maar dit moet onderliggend aan […]
Die oerbos
Gediertes klouter oor die reusestamme waar die takke druip met mos Die hotnostgot tik teen die ruit tik-tok tik-tok Die volk van die vlakte Die vlakte! Maar waavoor sou die hotnotsgot nog bid? wanneer sy twee groot oӫ soek na kos en water Daar swewe in die bruine lug vlinders groen en wit en die […]
AANDAG: ALLE INK LEDE & BELANGSTELLENDES (GEDENKBUNDEL – BESTELLINGS) INHOUDSOPGAWE BESKIKBAAR
Goeiedag INKers NEEM KENNIS: Die finale datum vir beskikbaarmaking van die INHOUSOPGAWE is 3 MAART 2017. Ek moet verskoning aanteken dat dit so lank gevat het. Hou hierdie spasie dop. Gewysigde plasing: Hierdie plasing sluit die name in van al die lede wat tot dusver in die proeflopie van die bundel opgeneem is. Sien die lys […]
HARTS KLANKE
Die woorde is stom, die instrumente sonder wysie die bladmusiek skree luidkeels om openbaring van die hart se grootste simfonie tot vervelens toe deur die eeue herhaal die bladmusiek skree luidkeels om openbaring terwyl die note van my eie hart hul vorm kry tot vervelens toe deur die eeue herhaal liefde bely in die mooiste […]
‘n Vrou op vendusie
Sandra stoot die voordeur oop van haar tweeslaapkamer woonstel. Die plek ruik bedompig van heeldag se toestaan. Die woonstel is op die boonste verdieping van die gebou, een van vyf. Dit is reg in die middel geleë met vensters wat uitkyk in die gange en op die voordeure van die ander vier woonstelle. Hierdie plekkie […]
Anderkant die reënboog
My hart lê tussen tussen windpomp en klip beur uit soos ‘n diasy wat nooit vergeet – slinger soek vir ‘n laaste gevoel voor die droogte in sy eie stof verdrink en die voetpad na nêrens sy afdruk vermink. Dwarrel tussen kaalkop en kremetart wyl die son-spook stil verby my gaan en jou beeld soos […]