Tot dan
Tot dan Op ʼn trae dag vou ek die lug blou, tortelduiwe ballon in my hande. Ek wil swerf deur jou stede en rus in die stilte van jou wolke kom lees briewe in my oë kom brand hier in my klowe. Reinig my are met reën en fynsand deur my vlees – verf my […]
Liefde bely in die mooiste neurie-klank
Liefde bely in die mooiste neurie-klank Liefde bely in die mooiste neurie-klank…. Hoe sal dit klink vir jou my lief? Dit sal wees wat ek vir jou wil neurie lewenslank, want my hart is beroof deur jou my liefste hartedief My liefde vir jou lê dieper as die diepste punt van die oseaan. My skatkis […]
Jy voltooi my hartklop
waar sielswoelinge binne my broei het jou lispelwoorde soos lawa gevloei jou belydenis van liefwees het getortel in die mooiste neurie-klank wat nes wou maak in die oesterskulp van my gehoor tog moes ek my hand ‘n aks na links verskuif om die sitrusgeur, wat strykstok op die wind oor elke duin en dal, se […]
Mooiste neurie-klank
Gun my ‘n stukkie sentimentaliteit of is dit nou nogstalgiteit ek mis jou in elke oomblik van hierdie tyd Verbrokkel verkletter versplinter Liefde bely in die mooiste neurie-klank dink en draai droom en hoop onthou en hunker smag en verlang liefde en pyn vrees en hoop
Die avontuur van liefde
Geil groen blare en blomme blou soos vlinders vrolik, fladderend waai kosmos in die wind Maar diep, diep daar binne toegedraai in spierwit linne saggies lê dit en bewe daar diep binne rus die liefde In die winter is jy die kaggelvuur wat brand die vlam en vuur wat my vertel ek is op die […]
Elke dag
Haastig gejaagd opgetof in wit en rooi stap ons deur enge tonnels met vernoude visie na ons wolkekrabbers se toe-vensters verby. Onder n boom in die parkie het die bergie vroeg al haar eerste dop gegooi… Rooi linte in die hare en nóg een om die bottelnek getooi. Elke jaar op hierdie dag vier sy […]
Die pad na jou hart
Ek het gistraand gedroom ek loop in ‘n doolhoof in die doolhoof van onthou het ek my hart verloor Op ‘n voetspoor wat deur my hart se grense loop dit maak ‘n nuwe venster oop liefde bely in die mooiste neurie- klank Jy skilder in jou hart vir my ‘n pad ‘n pad wat afwaarts […]
Liefde met drukkies
Jy is my altyd-luister-oor jy gee my nuwe perspektief die lig in my lewe die sonskyn in my dag Jy is in my drome neem my gedagtes oor jy is die lyngrafiek wat deur my hart loop die eenheid wat saak maak Ons liefde is enkelvoudig saamgestel en kompleks jy is die geldige antwoord my […]
In die koesterkolle van die son
Van sandstorms waai oor die goue woestyn en die maan silwer strepe verf oor ‘n droomland Land waar die sonbesies lag warm son ons lywe koester ons spore in die sand – langs mekaar, – verby mekaar, – uitmekaar! Drome wat nie wyk, wat ons terugneem op ‘n pad wat was ‘n onuitwisbare pad! Band […]
. . . as jy kon sing
Jy – wat my liefhet – weet waar om die sterre te vind tussen rotse op die strand. Pasgebore geitjies en die kuiken van ‘n kolgans voel veilig in die palms van jou hande. As ek jou vra oor die voëls van die hemel en die aarde en die water – dan ken jy elkeen […]