Jongste aktiwiteit:

Elke dag

Haastig gejaagd
opgetof in wit en rooi
stap ons deur enge tonnels
met vernoude visie
na ons wolkekrabbers
se toe-vensters verby.

Onder n boom in die parkie
het die bergie vroeg al
haar eerste dop gegooi…
Rooi linte in die hare en nóg een
om die bottelnek getooi.

Elke jaar op hierdie dag
vier sy die liefde sielsalleen
wás haar tuiste waar haar hart was
was die oopsee se dieptes
lank t’rug ook haar huis.

Nes n visserman sonder n skuit, sê sy
verlore in die oop see is
so het liefde sonder hoop g’n kans
en kort voor lank morsdood
spóég die see dit uit.

Op n bankie
in dieselfde parkie
bewonder ek jou met dank
Al kan ek glad nie sing nie
wil ek elke dag my liefde
aan jou bely, in die mooiste neurie-klank.

Want…

jy is werlik en altyd hier
nie net visioen van gister nie
saam met jou wil ek nie net vandag
maar élke dag ons liefde vier!

(Elke dag moet Valentynsdag wees)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed