AANDAG: ALLE INK LEDE & BELANGSTELLENDES (GEDENKBUNDEL – BESTELLINGS) INHOUDSOPGAWE BESKIKBAAR
Goeiedag INKers
NEEM KENNIS: Die finale datum vir beskikbaarmaking van die INHOUSOPGAWE is 3 MAART 2017. Ek moet verskoning aanteken dat dit so lank gevat het. Hou hierdie spasie dop.
Gewysigde plasing: Hierdie plasing sluit die name in van al die lede wat tot dusver in die proeflopie van die bundel opgeneem is. Sien die lys hieronder. Lees asseblief die inligting op die plasing noukeurig.
Die samestelling van die bundel vorder fluks. Ons het reeds aan die kunstenaar opdrag gegee om vir ons ‘n sprankel omslag te ontwerp. Ons sal die proef daarvan, en dan natuurlik die finale titel van die bundel met julle deel sodra dit gefinaliseer is.
Ons het reeds ‘n tentatiewe lys van lede wat in die bundel opgeneem gaan word saamgestel, die proef en uitleg is so te sê in die finale stadium en die drukkers sit gereed om die bundel vir ons te druk en te bind.
Ons wil asb so spoedig moontlik ‘n aanduiding hê wie bundels wil bestel en hoeveel kopieë. Laat asb ‘n kommentaar indien u sou belangstel om hierdie spesiale bundel aan te skaf EN stuur dadelik jou e-pos met die aflewerings posadres en bewys van betaling om die bestelling te bevestig asb.
Die bundelkoste (posgeld ingesluit) sal R 170 beloop. Ons kan egter slegs druk sodra almal hulle fondse gedeponeer het. Die oorspronklike borg (soos dit reeds aan almal bekend behoort te wees) het onttrek en daarom pak INK dus hierdie projek self aan. Dit is daarom belangrik dat ons betaling ontvang vir alle bestellings aangesien dit nie ‘n uitgawe is wat INK kan dra sonder die ondersteuning van die lede nie.
Ek plaas die bankbesonderhede hier vir verwysing:
FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rek no: 62588595036
Takkode: 260247
Vir die Buitelandse lede:
Swift/BIC (Bank Internationale Kode): FIRNZAJJ
Tak: //ZA260247
Rekening: /62588595036
Sodra die lys van ingeslote lede gepubliseer is sal ons dit waardeer indien u hieronder (sommer as kommentaar) ‘n aanduiding gee van die hoeveelheid bundels wat jy wil hê.
Daarna kan jy dit inbetaal en jou skrywers naam as verwysing gebruik. Sodra die drukkers opdrag ontvang neem dit 4 – 6 weke vir die drukwerk en daarna sal Anzé die versendings behartig sodra sy dit van die drukkers ontvang.
LYS VAN LEDE IN DIE BUNDEL:
Anze
Skryf mooi en leef voorspoedig.
IM
16 Kommentare
-
-

borrels
Laat weet maar net wanneer, ek sal ook bestel.
-
-

Viooltjie
Baie dankie vir die inligting. :-)
-

Amazon
Baie baie dankie, ek stuur my geldjie nou deur vir julle en as ek so drie van hulle kan kry asb... ek waardeer baie.. dankie vir al jul harde werk met ons... mooi daggie..
-

Amazon
Moet sê ek is super opgewonde hoor... dankie dankie...Aan ons Vader al die Eer.
-

Ch Nel Venter
Baie dankie vir die inligting. En vir die eer om deel te wees. Waardeer opreg. Sien uit om almal se werk so in een bundel te sien. Seën vir almal.
-

Ch Nel Venter
Ek sou graag twee bestel baie dankie Anzè en span.
-

Cornien
Baie dankie Anze en die samestellers van die digbundel. Ek ook super opgewonde, en dit gaan 'n baie groot voorreg wees. Ek sal graag een bestel, ek sal die oorbetaling vanaand doen.
-

neels
nou wonder ek wat se werk van my is ingesluit
-

LadySoul
Baie dankie vir die inligting. Ek stel ook belang!
-

Hermien Strumpher
Ek sal graag 4 neem. Sal Maandag oor betaal. Baie dankie.
-

Viooltjie
Dankie vir al die inligting IM. Ek sal seker 2 eksemplare bestel :-)
-

Ano
Dankie Anze, wil graag 1 boek he :-D
-

Ronel Janse van Vuuren
Ek bestel graag een bundel. Sal aan die einde van die maand betaal.
-

Kiekies
Baie dankie en voorspoed met die afhandeling. Ek wil asseblief een bundel he.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie IM vir die moeite om die bundel vir ons saam te stel. Ons almal sit op hete kole om te sien wie se werk jy gekies het vir die bundel. Ek glo dit gaan n absolute spogbundel EN iets om op trots te wees van ons lede wees