Kerswens vir die wêreld
O Heer…
voor nog ʼn jaar finaal
verspil deur ons vingers val –
wens ek nederig vir U te vra,
om die wêreld heel te maak
en dat vrede en vergifnis
in ons harte sal ontwaak
Maak ons langs die vyand
om dieselfde vuurtjie sit –
dat ons saam op ons knieë
vir wysheid en regverdigheid sal bid
Al lyk die lewe ook hoe donker –
laat ons elke ligspikkel daarin sien
soos sonskyn in ʼn kinderhart
vol sprankelende onskuld
vreesloos sonder smart
*
Ag Here,
laat ons soos klei in U hande
vorm na U wil
laat die mensdom
se waansin en vyandigheid
soos ʼn soutpilaar versteen
en vér agter ons verstil
En hier, waar ek bakhand op my knieë
vir ʼn laaste aalmoes vra –
bid ek dat U elke donker nag
wat skree na lewensvrede
(dié wat nog sluimer en elke nag daarna)
met maagdelike heiligheid
en stilte aan sal raak.
©Loretta Szikra
20171217/Pendoring 9/Pastiche digvorm
met apologie aan Carma Shaw
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek