
Kinders agter maskers
Hulle is maar net kinders, en moet agter ‘n masker skuil. Vrese in hul oȅ is duidelik sigbaar, skielik lyk die wȇreld nie meer so kleurvol, en vol pret nie. Met funcky patrone probeer hulle aandag trek, in hierdie warrelwind wat nie einde het. Die impak wat maskers dra op kinders het, het ‘n baie negatiewe uitwerking op hulle. Die werklike effek is dat hulle moet die proses van ouditiewe persepsie verstaan. Dit kan lees probleme veroorsaak, weens benoudheid en angstigheid.
Covid-19 het ‘n groot impak op kinders in die wêreld, Dit het allerhande sosiale en akademiese onsekerheid veroorsaak, alhoewel daar aanlyn studies is, en WatsApp-groepe word die voordeel om met maats interaksie te hȇ beperk. Al hoe meer kinders spandeer ‘n groot deel van ‘n dag aan tegnologie, want dit stel hulle bloot aan nuwe dinge, dit is egter ook nadelig want kinders raak verslaaf daaraan. Op ‘n baie streng vlak word interaksie weer toegelaat in skole, rugby, netbal word gespeel met fisiese afstande. Om skool toe te kan gaan het baie meer voordele, onderwysers kan kinders help om probleme op te los, en om die regte besluite te neem. Dit bevorder akademie en ‘n kind se selfbeeld.
Om ‘n masker vir ongeveer sewe ure op te hou is moeilik vir ‘n kind, dit is nie maklik om dissipline toe te pas nie. Klanke is moeilik om te hoor, kommunikasie is ‘n groot probleem met ‘n masker op. Die pandemie het ‘n intense verandering op kinders se opvoeding, om hulle veilig te hou wek groot bekommernisse by onderwysers en ouers. Kinders tussen 0-18 het die kleinste risiko op die virus gehad, alhoewel deesdae al hoe meer kinders te wel kry. Kinders in meer gegoede omstandighede sukkel meer oor hulle meer weerloos voel. Kinders is baie meer emotioneel oor al die veranderinge, sielkundiges moet ingryp om hulle te help om die pandemie beter te verstaan.
Maskers is ‘n uitdaging vir elke kind, hoeveel keer moet hulle hoor om nie aan hul gesig of mond te vat nie. Oral in die dorp, winkels skool moet hulle maskers dra, dit is deel van mens se lewe soos om skoene te dra. Kinders raak gou negatief, en die pandemie het ‘n groot invloed op hulle gemoeds toestand. Ouers raak meer en meer gespanne oor sommiges werkloos gelaat is, en dit veroorsaak baie huismoleste wat kinders traumatiseer. Verduidelik aan jou kind, sodat hulle verstaan , kyk uit vir riglyne en veldtogte om hulle te beskerm. Die gevoel van verlies, die dood van ‘n ouer of geliefde is nie maklik vir kinders om te verwerk nie, dit veroorsaak baie woede, ontkenning ‘kan dit nie glo nie’ kinders beleef hierdie fase van aanvaarding op verskillende maniere.
Liewe kind, sit op jou masker, sanitise jou hande gereeld en durf die pandemie aan soos ‘n held. Die Here is altyd in beheer, gebruik jou geheime wapen – die Heilige Gees!,
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek