deur Tearlach vir Gedigte Share: Related: Baksjisj Kersfees 31 Augustus 2023 303 views 1 Kommentaar 0likes knaend goed of kwaad jou gesiggie bly by my knaend en vretend in my gedagtes telkens as my denke herwaarts keer verskyn jou laaste woorde aan my soos opskrifte in ‘n storieboek wat hoofstukke, kopstukke en onuitwisbare patrone vleg waar daar niks moes gewees het nie vel val die woorde op my gedagtegang oorheers dit my gevoel sodat ek byna bewoë raak dan begin realiteit van tyd, tye en jare my terug bring na nou vandag met sy eie uitdagings dan hou ek op om te soek na oplossings vir verlede vir dit wat ek nie meer kan herstel nie ©Teárlach. Rapporteer inhoud Issue: * Kopiereg inbreuk vuil taal Ongeldige Inhoud Your Name: * Your Email: * Details: * Handig verslag Previous Next
Anita van der Walt
Mooi gedig