korporasie stories
–
ons land
suid afrika
sedert neëntien
sestig al ‘n republiek
–
ons land
suid afrika
sedert vorige
regering al ‘n korporasie
–
die see front
behoort aan almal
of so het ons mos gedink
alles behoort aan korporasie
–
jou lewe
behoort mos aan jou
of so het jy mos gedink
stilweg steel korporasie dit ook
–
reserwe bank
se goud behoort aan land
of so het ons mos altyd gedink
voor alles geskuif is na bank in europa
–
waarheid
sal mos seëvier
of so dink ons dalk nog
slegs die kinders van God weet
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.