God se Lappieskombers
‘n skildery uit die hemele
bymekaar gevee met God se besem
deur wind en weer netjies in patroon
kom skuif ek op my bankie in
voor God se Troon
herfstyd die mooiste tyd
kleurvol en met soveel prag
geen tyd aan dit verbonde
kom God se beplanning so getrou
in die natuur groei weelderig Sy skepping
omvou hierdie lappieskombers
om my voete heen wanneer ek stil word
en met dankbaarheid elkeen sien
wat aftol na sy plekkie op moeder aarde
net om weer later opgeskep word deur die wind
wonder ek soms hoeveel van ons
word hier in die wereld so rond geskuif
omdat ‘n vaste plekkie nie beskore
deur mense wat torring
en uit die bus uitval en verlep
dank ek ons Vader dat Hy my kan gebruik
om soos hierdie blaartjies wat wapper
deur die lig sonder aansien in enige iets
voor mense te staan kan kom
en nederig doen wat gedoen moet word
God se lappieskombers het my kom leer
grond toe kan enige een weer val
maar as ek opstaan is ek weer ‘n nuwe vrug
wat kan pryk in die wereld om my
kan niemand my optel soos God dit kan doen
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.