Hunkering
In elke vrou lê daar diep ‘n hunkering
wat nie gevul is soos sy verwag het nie
stil het sy geword in haar stil tevredenheid
terwyl sy ‘n diepe teleurstelling iewers berg
blomme sien sy meskien raak
maar was dit haar nooit gegun
het dit haar meskien nooit vermaak
wonder sy waar het alles dan begin
ver kan sy sit en staar die verte in
leeg het dit binne in haar geraak
leef sy van dag tot dag in haar gemoed besin
want niemand is daar om haar te vermaak
van smorens vroeg tot laat sal sy swoeg
terwyl die vrouwees binne in haar raas
voel sy verwerp en uitgespoeg
want daar is niks meer wat haar verbaas
glimlag sy hier binne in haar hart
terwyl verlange en woorde ophoop in haar
want die leemte word net groter
en die hunkering dieper en meskien kwater
vrouwees was nog nooit nie net maklik
aan soveel opgegee en oorgelewer
pas sy haar self op en wees nie ondraaglik
anders word sy met woorde dalk sleg opgetower
@Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Ai, kyk ek is nie ń vrou maar die is donker ongelukkige vrou gedig mooi uiteengesit. Kan ek voorstel dat die gedig meer beskryf wat die gevoel is wat ervaar word en nie direk dit uitspel / stel nie